VELD Opleiding

VELD Opleiding

Share

Veld Opleiding

Ons bied praktiese en veilige veldopleiding vir mans, vroue, kinders en paartjies wat hul vaardighede wil slyp.

Leer verantwoordelikheid, veiligheid en praktiese veldvaardighede in n ondersteunende omgewing.

📞 Bespreek jou plek vandag

18/08/2026

WEN WEN WEN!

Wil jy jou Veld Opleiding-ervaring nóg beter maak?

Bespreek jou plek vir 14–20 September 2026 en jy staan ’n kans om tot 50% van jou Veld Opleiding-gelde terug te wen!

Jy leer, jy beleef, jy groei… en dalk wen jy sommer jou geld terug!

Bespreek nou jou plek!

📞 Biance: 072 860 4025
📞 Margaret: 073 643 6089

Kom leer om ’n volle Veld JAGTER te word!

12/08/2026
12/08/2026

Veld Opleiding
14 tot 20 September 2026

Moet dit nie uitstel nie!!!

Kontak vir enige navra...
Biance Botha - 072 860 4025
Margaret Botha - 073 643 6089

10/08/2026

Hoekom Veld Opleiding?

Jag is méér as net ’n geweer en ’n skoot.

Dit gaan oor kennis, veiligheid, respek, verantwoordelikheid en selfvertroue in die veld.

By Veld Opleiding leer jy om die jagveld met groter begrip en respek te betree — vir die veld, die dier, jou mede-jagters en jou toerusting. Ons deel praktiese kennis wat elke verantwoordelike jagter behoort te hê.

Moenie onvoorbereid die veld aandurf nie.
Kom leer, kom groei en word ’n meer verantwoordelike en selfversekerde jagter.

Veld Opleiding – want kennis maak die verskil.

31/07/2026

Ek daag alle groen jagters uit!

Boek nou vir ons Veld Opleiding hierdie September en ontdek hoe om met selfvertroue die veld aan te pak.

Die afgelope naweek het ons weer eerstehands gesien hoe 'n gebrek aan veldkennis 'n jag kan ontspoor. Sweetpapiertjies wat rondlê, onnodige geskarrel en klere wat glad nie veldvriendelik is nie, het keer op keer die wild laat padgee.

Ons het verskeie uitstekende jaggeleenthede gehad, maar die jagter was nooit in 'n posisie om 'n verantwoordelike skoot te neem nie.

Moenie toelaat dat dit met jou gebeur nie.

By Veld Opleiding leer jy:
• Hoe om stil en ongesiens in die veld te beweeg.
• Wat om aan te trek vir suksesvolle jag.
• Hoe om jou kanse op 'n skoon, etiese skoot te verbeter.
• Die praktiese veldvaardighede wat elke jagter behoort te bemeester.

Kennis maak die verskil tussen 'n gemiste kans en 'n suksesvolle jag.

Boek vandag nog jou plek vir September!

Kom leer dat dit nie met jou hoef te gebeur nie of jou mede jagter nie vir jou hoef kwaad te wees oor hy/sy n geleentheid gemis het nie.

Kontak ons gerus:
Biance Botha - 072 860 4025
Margaret Botha - 073 643 6089

17/07/2026

Jag gaan nie net daaroor om 'n sneller te trek nie... dit gaan oor kennis, verantwoordelikheid en respek vir die natuur.

By Veld Opleiding leer ons jou:
- Om die natuur te verstaan en te respekteer.
- Om verskillende wildspesies te identifiseer en hul gedrag te leer ken.
- Om jou vuurwapen veilig en met selfvertroue te hanteer.
- Die belangrikheid van korrekte skootplasing vir 'n vinnige en etiese jag.
- Vuurwapenveiligheid – vir jou en almal om jou.
- Hoe om waardige en respekvolle foto's saam met jou gejagte dier te neem.
- Hoe om jou bok professioneel te slag en die vleis optimaal te benut.

By Veld Opleiding vat ons jou nie net veld toe om jou eerste bok te skiet nie.
Ons leer jou waarom, hoe en wanneer.
Ons bou verantwoordelike jagters wat die natuur respekteer, eties jag en met trots hul kennis kan uitleef.
Veld Opleiding – Waar jagters gevorm word, nie net geskep word nie.

Kontak ons gerus en boek jou plek met ons volgende VELD Opleiding 13de - 20ste September 2026.

Biance Botha - 072 860 4025
Margaret Botha - 073 643 6089

22/06/2026

Waarom is dit belangrik om Veld Opleiding by te woon?

Veld Opleiding gaan oor baie meer as net jag. Dit leer jou hoe om veilig, verantwoordelik en met respek in die natuur op te tree. Deelnemers ontwikkel praktiese veldvaardighede, leer oor wildbewaring, vuurwapenveiligheid en etiese jagpraktyke.
Die opleiding bou selfvertroue, karakter en verantwoordelikheid, terwyl dit ook 'n dieper waardering vir die natuur en ons jag-erfenis skep. Dit berei nuwe en ervare jagters voor om met kennis, trots en integriteit die veld te betree.

Veld Opleiding bou nie net beter jagters nie – dit bou beter bewaarders van ons natuurlike erfenis vir toekomstige geslagte.


SALTY
Veldt South Africa
Biance Botha
Gunpowder Addiction T/A Daggaboy Firearm Dealer
Margaret Botha
Ilse Long
VELD Opleiding
Minette in Motion

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Tzaneen?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address


Inkonka Game Safaris
Tzaneen
1034