24/08/2026
Trevor het die naweek deel geneem aan n Elite wat by Olifantsnek aangebied was.
Die vis was bitter moeilik maar hy kon die dag algeheel wen met kwaliteit dips aan sy kant.
Soos die vorige keer, het hy begin met die staatmaker van Bizz B en Fizzy pine. Met die ander stok moes daar kort kort veraderinge gemaak word om hom ook aan die gang te kry.
6 van sy 8 vis het hy gevang met Harde Cinnamon flouts wat hy besig is om te toets-n moet vir Olifantsnek!
11/08/2026
Trevor hengel die afgelope saterdag n proac by Olifantsnek.
Hy behaal n 2de plek algeheel met 15 vis vir net so oor die 7kg.
Sy kombinasies was as volg.
BuzzB met fizzy pine
BuzzB met poison ivy
Tax en honey
Hengel groete
06/07/2026
RHK het Sondag 5 Julie hulle Klub Komp gehou by Olifantsnek dam.
Soos almal weet is die vis deesdae baie moeilik en is jy gelukkig as jy n paar vissies in die net kan sit.
Xania Vorster van Synergy het ʼn 1ste plek by die dames en 2de overall gevat met 5 vis, 3.4kg.
Synergy se produkte wat sy gebruik het:🎣
Tax & Honey
Lood & Skoon Anys
Florex & Bloekom
Synergy Groete🐝
15/06/2026
Xania Vorster van Synergy Fishing was die naweek by die Sasacc Capping & Awards Ceremony waar sy offisieel haar Protea Titel verwerf het by die Dames Oewerhengel afdeling.
Synergy Fishing is baie trots op haar harde werk en deursettingsvermoë om so n spesiale toekenning te kan verdien.
Baie Geluk met die Groen en Goud,dra dit met trots.🇿🇦🎣
Groete Synergy Fishing🐝
15/06/2026
Dewald het die naweek proewe gehengel by Concentrator Dam en 11 vis met n gewig van 10kg gevang.🎣
Sy keuse van dip kombenasie was:
● Lood🐝
●Banana Split🐝
●Garlic🐝
Baie geluk Dewald
Synergy Groete🎣