Movement that Matters

Movement that Matters

Share

Pilates offers quality movement, delivering results. It is about holistic fitness, involving both the mind and body.

24/08/2026

Intensifiseer jou boudspier oefening, deur ʼn "loop band" rek te gebruik. Hulle is in verskillende sterktes beskikbaar - so dit hang af hoe 'gou jy wil hê dit moet begin brand'.... of hoe sterk jy verkies.

17/08/2026

"Deep tissue massage"... na ʼn lekker intense klas met die "foam roller" kry al die spiere wat hard gewerk het ʼn uitrol b***t. Jy kom eers agter hoe styf jy eintlik is as jy so begin uitrol.

04/08/2026

Die klein bal in Pilates klas kan op baie verskeie maniere ingespan word - al is dit net om die hoek van jou knie dieselfde te hou, en bietjie te fokus.

28/07/2026

Gebruik jou Pilates ring (magic circle) terwyl jy ʼn "push-up" doen. Die ring ondersteun jou, sodat jy jou skouers en pelvis kan in die regte posisie hou. Dis baie behulpsaam tot jy sterk genoeg is en dan in ʼn goeie vorm jou "push-up " en "plank" kan doen.

20/07/2026

Gly deur jou Pilates oefeninge met ʼn handdoekie of lappie. Die gly aksie benodig dat die oppervlakte nie stabiel is nie. Ekstra spiere moet dan inskop om stabiliteit te verleen.

13/07/2026

Voor mens die klasssieke Pilates "teaser" kan doen, moet mens eers die beginsels reg hê. Die 'teaser' eindig met kiertsregop rug, terwyl die op- en afrol die rug in ʼn kurwe hou. Wees eers goed vertroud met die "teaser prep"(net 1 been op ʼn slag in die lug/of met gebuigde bene), voor jy die 'teaser ' begin oefen.

06/07/2026

Werk lekker effektief in daai sye in deur skuins oor ʼn Pilates bal te leuen. Anker jou voete vas onder teen die muur.
Laat sak die lyf (asof tussen 2 glasblaaie) af en weer op.
Vir ʼn ekstra: wanneer jy bo is, roteer die bolyf opwaarts.
LET OP: plaas jou boonste been agter, om jou sye te teiken; wanneer jou boonste been voor is, kan jy maklik meer in jou rug (QL) in werk.

23/06/2026

In vandag se leefstyl is alles geneig om ons postuur voroor te trek... ons buig vooroor as ons op die rekenaar werk, op ons foon besig is, of as ons bestuur... dit veroorsaak dat ons spiere aan ons agterkant verleng en voorkant verkort. Wanneer ons ʼn standaard push-up of 'plank' doen, versterk dit die 'kort spiere' (pectorals) in hulle 'kort' posisie (m.a.w. dit doen juis dit wat jy nie wil hê nie). Deur ʼn "pike push-up" te doen versterk jy die spiere (seratus anterior) onder jou vlerkies (scapula) om juis teë te werk dat die vorentoe trek spiere (pec-minor) oorneem. Probeer dit gerus!

Photos from Movement that Matters's post 15/06/2026

Oefen bietjie die skouers met behulp van ʼn besemstok.
Trek jou hande ver uitmekaar asof jy die stok wil langer trek - skouers hoogte.
Jou hande bly ver van jou bors, en jou elmboë trek weg uit jou skouers.
Beweeg nou in daai posisie stadig met jou arms na bo, en af.
Jy sal sommer vinnig voel hoe jou spiere rondom jou vlerkies werk. (My tiener seun kon nie glo hoe harde werk dit is nie - hy het gedink Pilates is simpel-maklik)

08/06/2026

Heup mobiliteit met behulp van ʼn "foam roller": Hou jou bene parallel met die grond en gly hul vorentoe en agtertoe, terwyl jy met jou maagspiere stabiliseer.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Orion Avenue
Pretoria
0181