01/09/2026
"Die eerste keer wat ek na Harmonie Stalle toe gegaan het was ek 11 jaar oud en so opgewonde om vir die eerste keer perdrylesse te begin. Ek was daardie tyd op n baie lae tyd van my lewe - plaasmeisie wat na die groot stad toe moes trek - en my ouers het geskarrel om n bietjie platteland te vind wat ek so een keer n week na skool kan beleef.
Toe kom Cindy.
Die eerste dag wat ons op die plot parkeer het met my ma se Toyota Etios het Cindy onder die ou groot boom langs die arena op n stomp gesit en les gegee. Ek was stil en skaam en wou bars van opwinden. Cindy was vriendelik en geduldig en het my onmiddelik rustig gemaak. Lulu was die eerste perdjie waarop ek my eerste les gery het. Die storieboekperdjie wat almal se hart gesteel het en eventually ons verras het met Surprise.
Die res is geskiedenis.
Tussen baie onstabiele tye in my lewe was Cindy en Harmonie die een stabiele ding waarop ek kon staat maak. Cindy het my passie vir perde gevoed en gestoot en uitgedaag. Sy het my geleer hoe om hierdie diere te verstaan, hoe om te luister wanneer hulle vir jou iets vertel, en hoe om te luister wanneer hulle jou iets leer. Hier het ek geleer hoe om te cope, hoe om weer op te staan as lewe jou tref, hoe om te vergewe, en hoe kosbaar en rewarding regte old school geduld is.
14 jaar later op 25 jaar oud ry ek met dieselfde Toyota Etios Harmonie Stalle toe. Die Toyota Etios wat my journey by Cindy begin het.
Dankie, Cindy, vir al die jare se lesse, omgee, moeite, geduld, empatie en konstante teenwoordigheid. Ek weet nie waar my lewe sou wees sonder Cindy en Harmonie nie, maar ek d**k dit sou baie valer en verveliger gewees het.
Op Cindy 🥂
Olga-Louise"
Baie dankie, Olga-Louise, vir hierdie pragtige getuienis en die spesiale herinneringe wat jy met ons deel. Dit is 'n voorreg om deel te kan wees van jou pad!
Boek jou gratis proefles vandag nog:
Harmonie Stall | Cindy Werner | 082 564 9617
31/08/2026
"Eks weer terug by die plek waar dit 24 jaar gelede alles begin het."
"Ekt by harmonie aangekom toe ek 10 jaar oud was. So dit was 24 years ago! In tussen in het ek al gegaan en terug gekom soos lewe aangaan, en nou is eks weer terug. My gunstelling perd was natuurlike Lexi (Legs of Thunder) en ek sal nooit 'n beter perd as hom kon ry nie.
Toe ek by Harmonie begin het, het Cindy nog skool gegaan by Garsfontein. En ons het na skool les by haar gekry. Haar familie het almal altyd met warm harte verwelkom, en spaasie gemaak om deel te wees. Ek is baie dankbaar om sulke mense te ken, en beveel Harmonie aan bo almal. Die ponie kampe was natuurlike van die lekkerste, ekt koud gekry maar ekt altyd geglimlag. Ek sien nog uit om baaaaaaaie jarrre deel te wees van Harmonie and family."
- Margaux -
Wanneer ’n plek soos familie voel, kom jy altyd weer huistoe. Van 10-jarige ouderdom, skooldae met Cindy toe sy self nog in Hoërskool Garsfontein was, onvergeetlike poniekampe in die koue, tot spesiale herinneringe op die legendariese Lexi (Legs of Thunder). Harmonie Stalle is meer as net ’n perdeskool. Dit is ’n plek met oop harte en 'n warm verwelkoming vir almal!
Baie dankie vir hierdie wonderlike getuienis en vir die dekades van diep spoor trap in ons Stalle-familie. Op nog baaaaaaaie jare saam!
30/08/2026
Ek wil vanaand baie dankie sê vir al die pragtige getuigskrifte wat deur ons ruiters en oudruiters hierdie week geplaas is. Julle is en bly n span duisend. Altyd reg om in te spring en te help. Die kameraadskap wat ons hier beleef is regtig besonders. Ek wil van my kant af dankie sê vir al ons ruiters en hulle gesinne.
HARMONIE - Waar perdry nog pret is💕💕
30/08/2026
"Sometimes a horse enters a young person's life and quietly changes the direction of the road."
We are so grateful for beautiful testimonials like this from Billy and Carli! Seeing riders grow in confidence, patience, and respect alongside incredible horses like Cale and Althea is what Harmonie Stalle is all about.
Thank you, Billy and Carli, for being such a wonderful part of our stable family!
29/08/2026
From giving up to riding on game trails together…
After a severe fall, fear can feel impossible to overcome. But with patience, structured training, and true horsemanship, incredible transformations happen!
"I have known Cindy for years, but I didn't realize what a talented trainer and teacher she was until I needed help.
7 years ago I had a serious fall off my horse Satine. She was very anxious and tended to rush when ridden. After the fall I waited a full 6 months to recover before trying to ride her again. After 2 very stressful rides I gave up. I let another rider ride her for 2 years, but she just wasn't getting any calmer.
Then Cindy offered to take her in for training.
A year later she was less anxious, more confident and her ground handling had improved considerably.
I however was still extremely nervous on her and started riding lessons with Cindy... sometimes on her horses, other times on Satine. These lessons improved my skills and confidence greatly.
Today, Satine and I ride western games, jumping and we even go out on game rides.
Without Cindy I'm sure we would not have reached this point."
-Michelle -
Rebuilding confidence for both horse and rider is at the heart of what we do. Thank you for sharing your journey with us, we are so proud of the trust and bond you and Satine have built!
Ready to rebuild your confidence or take your riding to the next level?
Get in touch:
Harmonie Stalle | Cindy Kruger | 082 564 9617
28/08/2026
A place of rest, healing, and family. 🙏🐴❤️
"Harmonie stalle is eerlikwaar nie net NOG n stable yard nie. Dit is n familie, plek van rus en plek van genesing. Elke kuier ervaar mens n nuwe wonderwerk. Die Here se seen le oor die erf en elke mens en dier op die werf!
My hart is vol dankbaarheid dat ek en my perde nie net genesing, maar ook deel van die Harmonie familie kon word. Elke stap, elke dag, elke lag en elke geselskap dra besonderse waarde in my hart.
Dankie aan Cindy, Tannie Ria & Oom George vir die plekkie in julle hart vir ons almal."
- Belinda -
Stories soos hierdie herinner ons aan die ware doel van Harmonie Stalle. Ons vier vandag nog ’n pragtige deel van ons Testimony Week, om te weet ons werf kan ’n veilige hawe vir ruiters en hul perde wees, beteken die wêreld vir ons.
Ready to experience a supportive, caring environment for you and your horse?
Get in touch with us:
Harmonie Stalle | Cindy Kruger | 082 564 9617
28/08/2026
Baie dankie aan Zak van Quiksand Harties/Brits/PTA Harties julle diens is besonders. Baie dankie aan vinnige aflewering en vriendelike diens. Ek het vannaand my arena gehark, en kannie wag om die eerste voetspore met my perd in die sand te maak nie.