14/07/2026
Baie geluk aan Tegan Lamprecht en Alexi Wheeler, wat Gauteng met trots verteenwoordig het tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Skolesportkampioenskap (SANSSK) 5's Winterspele, wat in die Oos-Kaap aangebied is.
Baie geluk ook met julle span se 4de plek by die toernooi. Julle het Kloof-Hokkie en Gauteng uitstekend verteenwoordig. Mag hierdie prestasie net die begin wees van nog vele hoogtepunte in julle hokkieloopbane.
Baie geluk, dogters! | 🤍💛💙
13/07/2026
Kloof-Hokkie verwelkom al die laerskole wat vanjaar aan Feestoernooi deelneem. Ons wens elke span alle sterkte toe en vertrou dat julle elke oomblik van die toernooi sal geniet. Mag hierdie geleentheid gevul wees met goeie sportmangees, opwindende hokkie en herinneringe wat nog lank gekoester sal word.
'n Opregte woord van dank gaan ook aan al ons Kloof-Hokkie-borge vir julle onskatbare ondersteuning van Hoërskool Waterkloof se hokkieprogram. Julle belegging in ons sport maak nie net die ontwikkeling van ons eie spelers moontlik nie, maar skep ook waardevolle geleenthede vir skole van regoor die land om aan hoëgehalte-toernooie deel te neem en hul passie vir hokkie uit te leef.
Baie dankie dat julle deel is van die groei en sukses van Kloof-Hokkie. Ons waardeer julle ondersteuning opreg. | 🤍💛💙
12/07/2026
Baie geluk aan die volgende Kloof-Hokkie-dogters en afrigters wat hierdie week aan die o.16 Nasionale IPT-toernooi deelgeneem het.
'n Spesiale gelukwensing aan Mia du Toit, Dània Opperman en Dunay Kruger, asook hul afrigter, Coach Mark Lamprecht, met hul uitstekende prestasie om 'n 3de plek in die A-afdeling te behaal.
Baie geluk ook aan Inge Wiltz, Marli Langeveld en Ntombi Khumalo, saam met hul afrigter, Nathan Meyer, wat die span na 'n indrukwekkende oorwinning in die B-afdeling gelei het. Julle prestasie is verder bekroon met promosie na die A-afdeling vir 2027 – 'n besonderse mylpaal wat getuig van julle hard werk en karakter.
Kloof-Hokkie is ongelooflik trots op elke speler en afrigter.
Baie geluk, Klofies! 💛🤍💙🏑
10/07/2026
Kloof-Hokkie verwelkom al die laerskole wat vanjaar aan ons o.13-Prestigetoernooi deelneem. Ons wens elke span alle sterkte toe en vertrou dat julle elke oomblik van die toernooi sal geniet. Mag hierdie geleentheid gevul wees met goeie sportmangees, opwindende hokkie en herinneringe wat nog lank gekoester sal word.
'n Opregte woord van dank gaan ook aan al ons Kloof-Hokkie-borge vir julle onskatbare ondersteuning van Hoërskool Waterkloof se hokkieprogram. Julle belegging in ons sport maak nie net die ontwikkeling van ons eie spelers moontlik nie, maar skep ook waardevolle geleenthede vir skole van regoor die land om aan hoëgehalte-toernooie deel te neem en hul passie vir hokkie uit te leef.
Baie dankie dat julle deel is van die groei en sukses van Kloof-Hokkie. Ons waardeer julle ondersteuning opreg.
10/07/2026
Baie geluk aan Stephan Joubert en Hanno Hoogendyk, wat Kloof-Hokkie met trots in die Northerns o.14B- en o.14C-spanne verteenwoordig het.
Albei seuns se spanne het 'n uitstekende derde plek in hul onderskeie streekafdelings behaal. Dit is 'n prestasie waarop julle met reg trots kan wees.
Baie geluk, manne! | 💛🤍💙
07/07/2026
Baie geluk aan Tegan Lamprecht en Li-Kyle Human, wat Kloof-Hokkie met trots in die Northerns o.14A-span verteenwoordig het. Die span het 4de geëindig in die sterk mededingende A-afdeling, 'n prestasie waarop julle trots kan wees.
Baie geluk dogters. | 💛🤍💙
04/07/2026
Baie geluk aan Lenique Vogel met haar ongelooflike prestasies by vanjaar se Nasionale o.18 IPT!
Lenique het nie net 'n welverdiende plek in die SA o.18A-span verwerf nie, maar is ook aangewys as "Speler van die Toernooi”, een van die hoogste individuele eerbewyse wat 'n speler tydens die Nasionale o.18 IPT in Suid-Afrika kan ontvang.
Ons is ongelooflik trots op jou en op die manier waarop jy Kloof-Hokkie, jou provinsie en jouself verteenwoordig het. Mag hierdie prestasie net die begin wees van nog baie groter mylpale in jou hokkieloopbaan.
Baie geluk, Lenique! Jou Kloof-Hokkie familie is ongelooflik trots op jou.
🥈Provinsiale span 2de in die land.
🇿🇦🏑 SA o. 18A span.
🎖 Speler van die Toernooi.
"Waar talent en vuur ontmoet Kloof-Hokkie." | 💛🤍💙
04/07/2026
Baie geluk aan Lenique Vogel met haar welverdiende verkiesing tot die SA o.18A-span!
Hierdie is 'n besondere prestasie en 'n bewys van jou uitsonderlike talent, harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Die ure se oefening, opofferings en onwrikbare geloof in jouself het uiteindelik vrugte afgewerp. Jy het hierdie geleentheid met albei hande verdien.
Ons is ongelooflik trots op jou en die manier waarop jy Kloof-Hokkie op die hoogste vlak verteenwoordig. Mag hierdie prestasie net die begin wees van 'n lang en suksesvolle loopbaan in Suid-Afrikaanse hokkie. Baie geluk, Lenique! Jou Kloof-Hokkie familie staan trots agter jou.
"Great players are not born; they are built through discipline, sacrifice, and relentless hard work. Champions earn their place long before they wear the jersey."
🇿🇦🏑 | Lenique Vogel | 💛🤍💙
04/07/2026
Baie geluk aan ons Dogters Eerstespan-kaptein, Mia Perold, met haar uitstekende prestasie deur gekies te word vir die SA o.18B-span.
Hierdie besondere prestasie is 'n bewys van jou harde werk, toewyding, deursettingsvermoë en die passie waarmee jy die spel benader.Baie geluk, Mia! Jou Kloof-Hokkie familie vier hierdie ongelooflike mylpaal saam met jou.
"Dreams don't work unless you do. Your dedication has earned you this moment.”
🇿🇦🏑 | 𝐌𝐢𝐚 | 💛🤍💙
04/07/2026
Baie geluk aan Nicole Smuts met haar uitstekende prestasie om gekies te wees vir die SA o.17 High Performance (HP)-span.
Hierdie is 'n welverdiende beloning vir jou harde werk, toewyding, deursettingsvermoë en passie vir die spel. Jy het jouself onderskei deur konsekwent uitnemendheid na te streef, en ons is ongelooflik trots op hierdie besondere mylpaal in jou hokkieloopbaan. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie!
"Success isn't given. It's earned through hard work, perseverance, and the courage to keep chasing your dreams."
🇿🇦🏑 | Nicole Smuts | 💛🤍💙