21/07/2026
Begin oefen vandag
Hernu-U: Wetenskap gebasseerde Persoonlike Afrigting. Science based Personal Coaching
21/07/2026
Begin oefen vandag
02/07/2026
Ineffable Digitale Ontwerp wat 'n groot verrassing vanoggend!
Ineffable Digitale Ontwerp™ gee erkenning aan plaaslike besighede, kunstenaars, buitengewone mense en organisasies deur collages op te dra. Vandag gee ons erkenning deur 'n collage aan Hernu-U op te dra!
Hernu-U is deur Susan Fouché gestig. Susan is ’n gekwalifiseerde persoonlike afrigter wat glo dat ware welstand by die hernuwing van liggaam én gees begin. Met internasionale opleiding as persoonlike afrigter deur Menno Henselmans en kwalifikasies as Pilates-instrukteur, help sy mense om sterker en gesonder te word.
"Die liggaam en die verstand kan nie geskei word nie. Hoe meer ons leer en hoe meer ons die liggaam bestudeer, hoe meer besef ons hoe nou elke aspek saamwerk. Hoe jy eet, oefen, slaap asook jou spanningsvlakke, het alles ‘n impak op die hormone wat jou liggaam afskei en dus ‘n direkte impak op jou gemoed en verstand."
Susan se benadering is gegrond op die oortuiging dat ’n gesonde liggaam en ’n gesonde verstand onlosmaaklik verbind is. Deur Hernu-U inspireer sy mense om ’n positiewe U-draai in hul lewens te maak deur beweging, gesonde leefstylgewoontes en persoonlike groei.
Mag jy van krag tot krag aangaan, Susan!
Geniet jou Donderdag!
© Ineffable Digitale Ontwerp 2026
Sonja inspireer my...
My Liggaam, Oefening en Gesondheid: Susan Fouché, Hernu-U
GK Pta Noord
Wat is die waarde van die menslike liggaam?
Is dit vir 'n Christen belangrik om hulle liggame gesond te hou?
Watter voordele het fisiese beweging vir ons gesondheid?
Vir meer inligting kontak gerus Susan Fouché
[email protected]
Moet jy jou spiere oefen tot hulle fisies nie meer kan nie? Tot ineenstorting of "failure".
Wat sê die wetenskap oor optimale spiergroei en hoe gaan ineenstorting jou spiergroei bevoordeel of benadeel.
Vir hulp met jou persoonlike afrigting kontak Susan deur Hernu-U:
[email protected]
Eensaamheid Hernu-U Woorde uit sy Woning Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
In ’n wêreld waar sosiale media ons meer as ooit verbind, beleef ons ironies genoeg ’n eensaamheid epidemie. Eensaamheid is nie net die afwesigheid van mense nie. Dit is ’n diep, stil pyn wat baie in stilte dra. Maar wat sê ons geloof oor eensaamheid?
Ooreet Siklusse
Soms in 'n poging om beter meer gedissiplineerde patrone aan te leer, kan mens onbewustelik gewoontes aanleer wat meer skade doen as goed. Ooreet-ondereet patrone is een van daardie soort patrone wat kan ontwikkel uit die beste bedoelings. Wanneer ooreet gevolg word deur 'n ondereet reaksie is jy amper gewaarborg dat die siklus weer gaan herhaal. Om uit die siklus te begin beweeg moet jy eers jou liggaam leer dat kos veilig is en jou kan vertrou.
Indien jy hierdie potroon erken kontak Susan gerus:
Kontak: Susan Fouché
[email protected]
www.hernu-u.co.za
Krimp jou wêreld?
Jou lewe word kleiner as jy ophou beweeg. 'n Gereelde patroon van beweging hou nie net jou liggaam sterk nie, maar dit vergroot ook jou wêreld. Die prys wat ons betaal oor die jare om op te hou beweeg is dat ons vermoëns en daarmee saam ons wêreld met tyd krimp en al hoe kleiner word, tot basiese beweging vir ons swaar en moeilik voel.
Kontak: Susan Fouché
[email protected]
www.hernu-u.co.za
Slaap is die primêre manier waardeur ons liggame herstel en reguleer. Daarom is goeie slaappatrone ontsaglik belangrik vir ons liggaamlike welstand sowel as vir ons gemoed.
Vir meer inligting rakende oefen- of eetplanne, of indien by 'n aanlyn of in-persoon klas wil aansluit kontak Susan deur Hernu-U.
[email protected]