21/09/2026
🌿 Kwartaal 3 | Dankie, Leerhuis-familie!
Liewe Ouers
En so kom ons aan die einde van nóg 'n kwartaal. 💙
Ek wil heel eerste 'n besondere dankie aan ons Graad 7's en hulle ouers sê vir al die harde werk met ons WaterKaskenades & Fliek onder die Sterre.
Ons Graad 7's het hierdie projek van beplanning tot uitvoering aangepak, en ek is ongelooflik trots op wat hulle bereik het. Dit was 'n heerlike én suksesvolle afsluiting van ons derde kwartaal! 🌊🎬✨
Die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel is, sal aangewend word vir ons konsert en prysuitdeling later vanjaar.
Aan elke Leerhuis-ouer: baie dankie vir julle liefde, ondersteuning en saamstap gedurende hierdie kwartaal. Ek waardeer julle opreg.
En aan elke kind: dankie vir julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Julle het hard gewerk hierdie kwartaal en nou is dit tyd vir 'n welverdiende ruskans. 🌱
📚 Kwartaal 3-rapporte sal gedurende die eerste week van Kwartaal 4 uitgedeel word.
Indien julle gedurende die vakansie reis, wees asseblief veilig, rus lekker en geniet die tyd saam.
Ons sien almal weer op Dinsdag, 6 Oktober, wanneer ons Kwartaal 4 aanpak.
Dit is 'n kort en besige kwartaal, maar vir eers...
Rus. Speel. Haal asem. Geniet die vakansie.☀️
Baie dankie vir 'n besondere Kwartaal 3.
💙 Sonika Krüger