Impact Sport Events

Impact Sport Events

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Impact Sport Events, Sports, 25 5th Avenue, Bridgeton, Oudtshoorn.

28/08/2026

🌟 IMPACT SPORT EVENTS MAAK ’N IMPAK BY PROTEA SE MANNE-DAG

Bou karakter. Kweek respek. Inspireer jongmense.

Impact Sport Events het Vrydag 29 Augustus 2026 die voorreg gehad om deel te wees van Hoërskool Protea se Manne-dag, waar daar met die jong skoolseuns oor belangrike waardes en lewensbeginsels gesels is.

Die program het gefokus op vier belangrike pilare:

🔹 Geloof – Ds. Booysen
🔹 Respek – Pieter Säfers
🔹 Verantwoordelikheid – Jerome Jantjies
🔹 Trots op jou skool en jouself – Granwell Strydom

Die boodskap was eenvoudig maar kragtig: jong seuns moet leer om verantwoordelikheid vir hul keuses te aanvaar, respek te toon, hul beloftes na te kom en trots te wees op wie hulle is en waarna hulle in die lewe streef.

Sulke inisiatiewe speel ’n belangrike rol in die vorming van jongmense en herinner ons daaraan dat sport nie net oor prestasie gaan nie, maar ook oor karakter, dissipline, respek en leierskap.

Impact Sport Events sê baie dankie aan Prinsipaal Juf. Hurling, programleier Mnr. Strydom, die betrokke onderwysers en die algemene werkers vir hul ondersteuning en gasvryheid.

Impact Sport Events – maak ’n impak, een jong lewe op ’n slag. 🏉💚

Photos from Sports Omnibus's post 26/08/2026
Photos from Impact Sport Events's post 30/07/2026

Impact Sport Events gee erkening aan ons plaaslike talent voordat hulle op die grootverhoog verskyn. Hier is Rufagon Hendricks SA A Skole 0/18 Rugbyspeler tydens Impact Sport Events se jaarlikse Paasnaweek Rugby Toernooi.

16/07/2026

Saturnes Primary is the SA President's League Drummie Champions for 2026

16/07/2026

Congretulations Rufagon we very proud of you

16/07/2026

Baie geluk aan Saturnes Primêr Se Marching Band

16/07/2026

Hiermee ons opregte gewensinge aan Ottniël Baartman

16/06/2026

Boodskap aan die Jeug van Bridgton
In Junie 1976 het jongmense hul stemme laat hoor in die stryd vir geregtigheid en 'n beter toekoms. Vandag staan die jeug van Bridgton ook voor groot uitdagings soos werkloosheid, armoede, dwelms en sosiale probleme.
Maar geen uitdaging kan ooit moord, diefstal, inbrake, vandalisme of wetteloosheid regverdig nie. Ware verandering kom nie deur vernietiging nie, maar deur opvoeding, dissipline, respek en harde werk.
Julle is nie net die leiers van môre nie – julle is die bouers van vandag. Gebruik julle stemme, talente en energie om Bridgton op te bou, nie af te breek nie. Kies hoop bo geweld, verantwoordelikheid bo misdaad, en 'n beter toekoms bo korttermyn-keuses.
Laat julle nalatenskap een van trots, nie spyt, wees. 🇿🇦✊🏽

12/06/2026
09/04/2026

🎉 Gelukkige Verjaarsdag, Pieter! 🎉
Liewe Pieter
Vandag vier ons nie net jou verjaarsdag nie, maar ook die ongelooflike mens wat jy is. As Sekretaris en Mede-direkteur van Impact Sport Events speel jy ’n onmisbare rol, en jou toewyding, passie en opofferings maak ’n verskil wat nie in woorde gemeet kan word nie.
Dankie vir jou onbeperkte, ruimtelose en tydlose energie – en vir die kosbare, kostelose werk wat jy met soveel oorgawe insit. Jou betrokkenheid en hart vir die organisasie is werklik goud werd.
Ons waardeer jou opreg en is dankbaar om iemand soos jy in ons span te hê. Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou oorloop van seën, gesondheid, vreugde en nuwe geleenthede.
Ons weet: ons het goud in jou. ✨
Geniet jou dag ten volle – jy verdien elke oomblik daarvan!
🎂 Lekker verjaar, mater! 🎂
Met waardering en beste wense
Impact Sport Events 💙

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Oudtshoorn?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


25 5th Avenue, Bridgeton
Oudtshoorn
6625