15/09/2026
Hierdie is die ware impak van die Orania Helpmekaar Vasbyt.
Dit was meer as net 'n fisiese uitdaging.
Danksy elke deelnemer, borg en ondersteuner kon ons saam 'n tasbare verskil maak.
90 kinders se skoolgeld is vir twee maande betaal, en ‘n addisionele R 37 397 is ingesamel om vir nege maande kos vir ons voedingskema aan te koop.
Dankie dat julle saam met ons deel is van iets wat verder strek as die eindstreep.
2027 se Vasbytinskrywings maak eersdaags oop, gaan jy deel wees van die verskil in Orania?