08/09/2026
Dis met leedwese wat ons verneem van tannie Gerda se afsterwe.
Ons gaan tannie baie mis. Rus sag
MNRD
08/09/2026
Dis met leedwese wat ons verneem van tannie Gerda se afsterwe.
Ons gaan tannie baie mis. Rus sag
03/09/2026
03/09/2026
03/09/2026
Lekker eet- en drinkgoed te koop Saterdag, 5 September, Ringbalbane Middelburg.
20/07/2026
Wat 'n ongelooflike week vir MNRD by die Nasionale Ringbaltoernooi!
Baie geluk aan ons Senior Mans A wat as Nasionale Kampioene gekroon is. Julle harde werk, toewyding en spangees het vrugte afgewerp ons is ongelooflik trots op julle!
Baie geluk aan Rudi Taute wat as senior mans speler van die toernooi aangewys is.
MNRD is trots op jou.
'n Spesiale gelukwensing aan Driekie wat gekies is as RSA-skeidsregter. Dit is 'n besonderse prestasie en welverdiende erkenning.
Baie geluk ook aan elke speler wat vir die onderskeie RSA-spanne gekies is. Julle dra nie net MNRD se naam met trots nie, maar inspireer ook die volgende geslag ringbalspelers.
Laastens, 'n opregte dankie aan elke ondersteuner, afrigter, bestuurder, beampte, skeidsregter en vrywilliger wat deel was van hierdie toernooi. Julle bydrae maak hierdie suksesse moontlik.
MNRD is ongelooflik trots op elkeen van julle. Baie geluk met julle prestasies mag daar nog vele hoogtepunte voorlê!