06/09/2026
Baie Dankie aan Juan Swart van Loskop Fishing Charters vir julle borgskap weereens vir die Karpbonanza 2026.
Juan borg R5 000 kontant vir die span met die Beste gees en eenvormige hengeldrag. Juan is julle " kontak" by Loskopdam en ken die dam soos die palm van sy hand. Hy doen hengeluitstappies vir bass/ kurper en ander vissoorte. Hy het n absolute slag met junior hengelaars en maak elke uitstappie n onvergeetlike ervaring. Kontak Juan gerus op 082 754 1325.
06/09/2026
Aan Al ons Karpbonanza volgelinge: Ons het BITTER SLEGTE nuus ontvang! Francois Steenkamp van Fuchs Olies en sy vrou Santa was by die Loskopdam Classic by Loskopdam die naweek. Gisteraand het huisrowers by hul huis ingebreek in Witbank. Hulle twee seuns was tuis en is oorval deur die rowers. Francois die oudste seun (38) wou sy jonger boetie (32) beskerm en is 7 keer geskiet en op die toneel oorlede. Hulle jonger seun is in die maag gewond en moes n noodoperasie ondergaan. Hy is stabiel.
Ek het vanoggend met twee STUKKENDE MENSE gesels....
Fuchs is die afgelope 17 jaar n groot borg van die Karpbonanza.
Kom ons dra die gesin ASB op in ons gebede in die BITTER HARTSEER tyd.
05/09/2026
Wen met www.MiddelburgApp.co.za
KOOP PLAASLIK. ONDERSTEUN PLAASLIK. WEN PLAASLIK!
Het jy ’n besigheid op M-APP gevind en hulle ondersteun? 🛍️
Kies een opsie:
1. Stuur jou bewys van aankoop na 079 987 8110.
Of
2. Maak 'n Post op Facebook en Tag ons en die Besigheid.
OF
3. Skryf in op www.MiddelburgApp.co.za
• Verdien jou Star-Badge
• Staan elke kwartaal ’n kans om fantastiese pryse en afslag te wen!
VIND PLAASLIK. ONDERSTEUN PLAASLIK. WEN PLAASLIK.
📲 M-APP | www.middelburgapp.co.za
05/09/2026
BAIE DANKIE aan Panarottis Middelburg vir julle Wonderlike borgskap van 300 x R100 vouchers wat ons tydens die prysuitdeling vir ons mense beskikbaar gaan maak! Waarde R30 000.