Nelspruit Stoei Klub

Nelspruit Stoei Klub

Share

Nelspruit Stoei Klub @ The Square Nelspruit

Dinsdag & Donderdag
Beginners: 17:00 - 18:00
Pumatjies: 17:00 - 18:30
Kompetisie Stoeiers: 17:30 - 19:00

Photos from Komatipoort Stoeiklub's post 01/09/2026
01/09/2026

🏆 BAIE GELUK! 🤼‍♂️

Baie geluk aan ons Nelspruit Stoeiklub-lede wat die MSV-span behaal het en gekies is om aan die SA Jeug- en Presidentkampioenskappe op 2–3 Oktober 2026 deel te neem! 🇿🇦

Ons is ongelooflik trots op elke stoeier. Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het vrugte afgewerp. 💪

Baie geluk ook aan Afrigter Christo Nagel Snr – dankie vir die ure, leiding en harde werk wat in ons stoeiers belê word.

🖤💛 Nelspruit Stoeiklub is trots op julle!
Sterkte met die voorbereiding – gaan wys hulle waarvan die Laeveld gemaak is! 🔥🤼‍♂️🏆

01/09/2026

Baie geluk aan al ons Nelspruit Stoeiklub-atlete met julle puik prestasies tydens die MSV Ouderdomskampioenskappe! 🤼🏅

Ons is ongelooflik trots om 36 medaljes huis toe te bring! 🥇🥈🥉 Elke medalje is die resultaat van harde werk, deursettingsvermoë en ure se oefening.

Ons is trots op elke liewe stoeier wat op die mat gestap het die afgelope naweek ❤️💙

25/08/2026
Photos from Nelspruit Stoei Klub's post 21/08/2026
13/08/2026

Die Johnnie Reitz Big 5 Ope Kampioenskappe is die grootste en mees gesogte stoeitoernooi op die Afrika-kontinent.

2 Nellie Miere het die voorreg gehad om hulle stoeiklub by hierdie toernooi te verteenwoordig en het sommer gewys dat ons Laevelders weet van stoei!

JR Green en Pontaleon van Rooyen het op 8 en 9 Augustus in Pretoria deelgeneem aan hierdie Kampioenskappe. Hulle het albei in hulle afsonderlike gewigsafdelings goud behaal - voorwaar ń groot prestasie vir hierdie internasionale toernooi.

Geluk Miertjies, ons is trots op julle!

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Mbombela?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address


The Square (Above Dischem)
Mbombela
1200

Opening Hours

Monday 18:00 - 20:00
Wednesday 18:00 - 20:00