06/09/2026
Na 'n fantastiese aand met goeie musiek van ons Country Legendes, is die hartseer nuus dat daar 'n motor ongeluk was met 3 pragtige mense in. Tannie Mara van den Berg en Samantha het die ongeluk ongelukkig nie oorleef nie, oom Tommy Dell is in die hospitaal.
Bosjol Multi Sports Arena wil graag hul meegevoel oordra aan die familie en vriende van tannie Mara en Samantha met hul afsterwe. Ook wil ons spoedige beterskap toewens aan oom Tommy Dell.