20/08/2026
🚴DIS WEER DAAI TYD VAN DIE JAAR🚴
🌸🚴♀️ VANJAAR TRAP ONS VIR CHARMAIN! 🚴♂️🌸
Elke jaar hou ek hierdie race met ’n baie spesiale doel in my hart — om iemand te ondersteun wat deur ’n moeilike tyd gaan en ’n bietjie finansiële verligting kan gebruik. ❤️
Hierdie jaar is die race ten bate van ons liewe Charmain, wat tans deur een van die moeilikste seisoene van haar lewe gaan.
Charmain is gediagnoseer met Leukemie (bloedkanker) en is tans deur die proses van ’n beenmurgoorplanting. Ná alles wat haar liggaam en hart moes deurmaak, is sy nou besig met die lang pad van herstel. 🌷
Dit is ’n pad van dae van hoop, dae van moed, dae van moegheid en baie geloof. Maar dit is ook ’n pad waarop sy nie alleen hoef te stap nie. 🙏🏻💗
Daarom wil ons vanjaar saam met haar trap, stap en draf.
🚴♀️ 60 km
🚴♂️ 30 km
🚲 5 km Kids Race
🏃♀️ 5 km Fun Run
🚶♂️ 5 km Walk
Of jy nou ’n fietsryer is, ’n hardloper, ’n stapper, ’n mamma of pappa met jou kinders, of sommer net iemand wat graag wil help — daar is ’n plek vir jou. 🌸
Ons hoef nie almal dieselfde pad te stap nie. Ons moet net bereid wees om ’n stukkie van iemand anders se pad saam met hulle te loop. ❤️
📅 13 November 2026
📍 Rooifontein
⏰ Wegtrektyd: 18:15 vir 18:30
🔥 EN NÁ DIE RACE BRAAI ONS! 🔥
Kom kuier saam met ons ná die race! Daar sal braaigeriewe én hout beskikbaar wees, so bring jou vleisie, broodjies, slaai en iets lekker om te drink en kom geniet die aand saam met ons. 🌭🥩🥗
Want ná al die trap, stap en draf is daar niks lekkerder as om saam te sit, te kuier en te lag nie! ❤️
Vanjaar is dit meer as net ’n race.
Vanjaar trap ons vir hoop.
Vanjaar trap ons vir Charmain.
Vanjaar wys ons haar: Jy is nie alleen nie. 💗🎗️
Kom wees deel van iets groter as onsself.
Bring jou fiets, jou tekkies, jou kinders en jou hart. ❤️
RY. STAP. DRAF. BRAAI.
GROOT OF KLEIN — ONS DOEN DIT SAAM! 🌸🚴♀️🏃♂️🚶♀️🔥
20/07/2026
30/06/2026
17/12/2025
08/12/2025
03/12/2025
12/11/2025
11/11/2025
06/11/2025