27/06/2023
Nie siekte, snare wat snap of reën sal ons Karoo-seun keer nie! Baie geluk met jou 2de plek in die Grandprix te Durban, Henk! Ons is bitter trots op jou!! Sterkte vir die Growthpoint wat voorlê! Jy is ‘n CHAMP!
04/06/2023
Die eerste toer van BAIE! En dit is nie eers vêr van die huis af nie! Ons toer Bloem toe! Kom jy saam? Daar is net 10 plekker beskikbaar!
Bespreek jou plek by Marlese of by Ans!
04/06/2023
Kom speel ons toernooi! Skryf nou in by Ans!
📞 073 515 4076
04/06/2023
Blits hou weer ‘n WINTERKAMP🥶❄️
Bespreek jou plek by Ans voor of op die 7de Julie!
📞073 515 4076
10/05/2023
Blits Tennis gaan TOER.
Laat weet vir Ans by 0735154076.
Beperkte plekke beskikbaar!
26/03/2023
Klein dorpie… GROOT gif! Maak mooi julle 3. Ons geld is op julle!!
Die hele Blits Akademie staan bankvas agter julle!
19/03/2023
Waar is dit lekker? In Hopetown is dit lekker!
Goeie dag van social tennis agter die rug!
19/03/2023
Ons eerste toernooi vir 2023 was ‘n groot sukses! Dankie aan elke speler wat saam met ons die dag geniet het en kookwater tennis gespeel het! Dit was goeie tennis, goeie ervaring en sportmangees soos net die platteland dit ken!
15/03/2023
Henk van der Post het die afgelope maand aan die Vrystaat Mini deelgeneem en baie goed presteer!
Hy het ‘n 3de plek behaal in die enkels en die dubbels saam met sy maat, Alexander Bell van Potchefstroom, gewen!
Baie geluk, Champ! Ons hou duimvas vir die Growthpoint en Nationals wat oor twee weke plaasvind in Bloemfontein!
Sterkte met jou voorbereiding!
!
15/03/2023
Baie geluk aan die volgende spelers van Blits Tennis wat onderskeidelik opgeneem is in die Noord-Kaap tennisspanne.
Foto van links na regs: Agter - Lara Olivier, Marlia Badenhorst, Driean Wiid, Benna Burger, Thomas Fourie, Kayla Burger, Dani Fourie, Loudine Fourie, Maria Louw.
Voor - Delene Olivier, Joané Besselaar, Carli van Pletzen, Philip Botha, Lodewyk Bruwer, Ruben Pretorius, Pierre Bosch en Hendrik Pretorius.
Afwesig - Henk van der Post, Bertus Higgs, Jandré Higgs.
Hou aan met dit wat julle doen! Julle maak mooi!
03/02/2023
Trots!!!🏆🏆🏆
TENNIS
Baie geluk aan die volgende leerders wat in die top 8 plek gekry het in die Noord-Kaap Tennisspan in hulle verskeie ouderdomsgroepe.
Foto van links na regs: Agter - Lara Olivier, Marlia Badenhorst, Driean Wiid, Benna Burger, Thomas Fourie, Kayla Burger, Dani Fourie, Ruan du Raan, Minka van Pletzen, Loudine Fourie, Maria Louw.
Voor - Delene Olivier, Joané Besselaar, Carli van Pletzen, Philip Botha, Lodewyk Bruwer, Ruben Pretorius, Pierre Bosch en Hendrik Pretorius.
Afwesig - Henk van der Post, Bertus Higgs, Jandré Higgs.
Baie geluk aan hierdie tennisspelers. Geniet elke oomlik en hou HSH se naam hoog.