26/08/2026
’n Speler wat sy spore getrap het
Dit is met groot hartseer en ’n swaar hart dat ons kennis neem van die skielike afsterwe van Tobie Alberts.
Tobie was ’n kranige rugbyspeler wat in 1995 die veld betree het as losskakel en agterlynspeler vir George Rugby Klub. Hy was ’n speler wat nie net die bal gedra het nie, maar sy hart op die veld gelos het. Hy het met passie, trots en vasberadenheid gespeel en groot spore op die rugbyveld getrap.
Al verander die jare en gaan die wedstryde verby, is daar spelers wie se name nooit verdwyn nie. Tobie se naam sal voortleef in die stories, herinneringe en harte van almal wat saam met hom gespeel, hom ondersteun en hom geken het.
Vandag groet ons nie net ’n oudspeler nie, maar ’n mens wat deel geword het van die geskiedenis en hart van George Rugby Klub. 🏉💙
Aan Tobie se familie, vriende en geliefdes stuur ons ons innigste meegevoel en baie krag in hierdie ongelooflike moeilike tyd.
Mag julle troos vind in elke herinnering, elke storie en elke glimlag wat Tobie agtergelaat het.
Rus sag, Tobie.
Jou wedstryd hier op aarde is verby, maar jou naam en nalatenskap sal vir altyd op die veld van herinnering bly voortleef. 🕊️🏉💙
George Rugby Klub
24/08/2026
🔥🏉 OUDTSHOORN, KOM KUier! 🏉🔥
Hierdie naweek maak ons die hekke oop en verwelkom ons Oudtshoorn Rugby Klub op ons tuisgronde.
Twee klubs met ’n geskiedenis wat 143 jaar diep in die are loop — groot name, groot stories en genoeg rugby om ’n paar boeke vol te skryf. 🏉
Ons respekteer die geskiedenis, ons respekteer die teenstander… maar ons gaan nie vir hulle tee en koek gee nie. 😜
Ons het hard gewerk om tot hier te kom en ons gaan nou beslis nie op ons knieë gaan lê nie. Ons hou by wat werk, maak ’n paar skroewe hier en daar stywer, speel met kop én met daai George-hart wat nie maklik opgee nie.
Want wanneer daai fluitjie blaas, is dit nie meer praatjies nie — dan is dit 15 manne, een span, een hart en ’n hele klomp mense langs die veld wat harder skree as wat hulle asemhaal 🔥
Oudtshoorn, julle is welkom…
maar bring julle beste rugby saam, want George gaan nie sommer sy tuisgrond uitdeel nie. 🏉
KOP HOOG. HART VOL. BLOU BLOED.
GEORGE, KOM ONS SPEEL..
23/08/2026
Ons het onsself weereens bewys wanneer ons weggaan met die regte gees, eenheid en hart as ’n span, is alles moontlik.
Ons het kopgehou, deurgedruk en nou pluk ons die vrugte van ons harde werk. 🏉💪
Well done, Boytjies Julle maak ons ongelooflik trots.
3des, julle het goed gespeel en tot die einde geveg. Al het dinge nie altyd julle kant toe geval nie, hou daardie koppe hoog 👊 Daar lê nog ’n game voor en nou skuif ons ons fokus na die volgende uitdaging.
Een span. Een hart. Een doel. George tot die einde 💙
21/08/2026
🏉🔥 THE CRAGS, HIER KOM ONS!
Ons laaste wegwedstryd van die tweede rondte en hierdie keer vat ons die hele pakkie The Crags toe om kragte te meet met Jaguars RFC! 🐆🏉
Maklik? Nee wat, wie het gesê rugby moet maklik wees? 😂
Maar ons is reg. Ons glo in onsself, ons span en ons game. 💪
Ons gaan daar opdaag met koppe hoog, harte vol vuur en bene wat hoop hulle weet wat aangaan! 😂🔥
Ons bly biddend 🙏, vertrou op God en vertrou op mekaar. Dan gee ons alles wat ons het – van die eerste fluitjie tot die laaste asem!
En aan ons supporters… MOENIE BY DIE HUIS SIT EN STIL WEES NIE! 😂📣
Kom maak daai stemme warm! Julle cheers gee ons die ekstra “JY KAN DIT DOEN, BOYTJIE!” energie wanneer die bene begin vra vir genade! 🤣💙
The Crags, Jaguars – George is coming!
Ons kom nie net kuier nie… ons kom speel rugby! 🔥🏉
💙 GEORGE RUGBY KLUB – SAAM STAAN ONS, SAAM VEG ONS! 💙
20/08/2026
Sterkte Marlo & Denham 💙🏉
Ons wens ons twee George Rugby Klub-spelers, Marlo en Denham, alle sterkte toe met julle eerste SWD Onder-21 Liga-wedstryd teen OP Gqeberha 🔥🏉
Mag julle trots hoog wees, julle harte vol wees en elke bal met alles wat julle het, vat 💪💙 Mag die drieë sommer ophoop! 🏉🔥
Onthou, julle dra nie net julle eie drome op die veld nie — julle dra die George Rugby Klub se trots saam met julle.
Gaan wys wat julle kan doen, speel met hart, speel met passie en gee alles tot die eindfluitjie 👊
George Rugby Klub staan agter julle, Boytjies 💙💙
Maak ons trots 🏉🔥
20/08/2026
🏉🔥 GEORGE RUGBY KLUB — AWAY GAME 🔥🏉
22 AUGUST 2026 | GEORGE vs JAGUARS
This Saturday, we face Jaguars Rugby Klub at The Crags, Plett — and we know this is going to be a tough one.
But tough is exactly where character is built. 💙
We are not travelling there to make up the numbers.
We are going there with PRIDE in our jersey, FIRE in our hearts and FIGHT in our blood. 🔥
When that George jersey goes over your head, you carry more than yourself — you carry your teammates, your club, your supporters and everyone who believes in you.
Stand tall. Stand together. Never back down.
When the legs get tired, dig deeper.
When the pressure comes, rise higher.
When the game gets tough, remember WHO YOU ARE and WHO YOU PLAY FOR.
Boys, leave everything on that field. Every tackle. Every carry. Every sprint. Every battle.
Fight for the man next to you.
Fight for the badge on your chest.
Fight for George. 💙
We are behind you all the way. Through every minute, every hit and every challenge.
Go out there and show them what GEORGE RUGBY is made of.
HEADS HIGH. HEARTS FULL. PRIDE LOUD.
FIGHT UNTIL THE FINAL WHISTLE. 🏉🔥
🕐 KICK-OFF TIMES
3rd Team — 13H00
2nd Team — 14H15
1st Team — 15H30
📍 The Crags – Plett
GO BE GREAT, BOYS.
MAKE GEORGE PROUD 💙🔥
18/08/2026
Geseënde Verjaarsdag, Brandon!