05/10/2026
Goeie dag Protea Faithful
Neem asseblief kennis dat geen Super16-wedstryde hierdie naweek sal plaasvind nie, aangesien die Pick n Pay Gold Cup Rugby steeds aan die gang is en een van die klubs binne ons Boland Rugby Unie nog aan die kompetisie deelneem.
Nuwe wedstryddatums sal volg. Hou gerus die blad dop vir verdere inligting.
Baie dankie vir julle ondersteuning!
💚💛