25/08/2026
ππ₯ SEMI-FINAAL TYD IN BRITS! π₯π
Brits, dis nou die een waarvoor ons die hele seisoen gewerk het! πͺπ΄β«
Hierdie Saterdag, 29 Augustus 2026, kom die SANLAM PRESIDENT SHIELD SEMI-FINALE na HS Brits en ons het die hele gemeenskap langs die veld nodig! π
βοΈ Brits Secra Rangers
π Bronkhorstspruit Rugby Club
βοΈ Brits 1st XV
π Attridgeville Rugby Club
Die manne het deur βn lang, harde seisoen geveg om hier uit te kom. Nou is dit tyd vir Brits om agter hulle te staan! Bring die familie, bring die vriende, bring die gees β ons wil daai kantlyn ROOI, SWART en VOL BRITS TROTS sien! π₯
π HS Brits
π
Saterdag 29 Augustus 2026
π R30 per voertuig
π€ R10 per persoon
β° Afskoptye β TBC
Kom vroeg, maak geraas en wys vir die besoekers hoe dit voel om in ONS DORP βn semi-finaal te kom speel! ππ₯
Twee spanne. Twee semi-finale. Een klub. Een dorp. Een doel. β€οΈπ€
BRITS, ONS SIEN JULLE LANGS DIE VELD!
21/08/2026
HUGE SHOUT OUT! π₯
Brits Rugby Klub sΓͺ βn MASSA dankie aan MJ Sporting Solutions vir hul ongelooflike ondersteuning β van strapping tot professionele hulp wat ons spelers elke week gereed maak vir die veld! ππͺJulle toewyding en kundigheid gee ons span die ekstra krag om met selfvertroue te speel.
Ons waardeer elke bietjie moeite wat ingesit word om ons spelers veilig, sterk en wedstrydβgereed te hou.π BRITS TROTS β’ MJ POWER π
20/08/2026
ππ₯ BRITS RUGBYKLUB MAAK ONS DORP TROTS! π₯π
Wat 'n ongelooflike prestasie! Beide ons senior spanne het hul plek in die Sanlam Presidentbeker se halfeindstryd verseker nadat hulle Bronkhorstspruit met vasberadenheid en karakter geklop het! πͺ
β
Eerste span wen 38-5
β
Tweede span wen 15-10
Hierdie manne dra nie net die klub se kleure met trots nie, hulle dra die trots van die hele Brits-gemeenskap op hul skouers. Nou is dit ons b***t om agter hulle te staan!
π’ Brits, kom ons staan saam! Bring jou familie, vriende, kinders, buurman en kollegas. Kom vul die pawiljoene, laat die gejuig dreun en wys waarvoor ons gemeenskap bekend is!
π
29 Augustus 2026 π HoΓ«rskool Brits
Kom ons wys dat geen span groter is as 'n gemeenskap wat saamstaan nie. Die pad na die eindstryd is oop, maar ons ondersteuning kan die verskil maak!
πβ€οΈ Brits staan saam. Brits glo saam. Brits veg saam. β€οΈπ
πππ₯
15/07/2026
π TWEEDE RONDTE. NUWE GELEENTHEID. SELFDE BRITS-GEES! π
Hier is ons weer, Brits! Die tweede rondte van die seisoen breek aan en ons het die dorp meer as ooit nodig.
Hierdie spanne speel nie net vir punte op die punteleer nie β hulle speel vir die trots van ons dorp, ons mense en elke ondersteuner wat week na week langs die veld staan. Elke skrum, elke duikslag en elke drie word gedoen met een doel: om Brits trots te maak.
Saterdag verwelkom ons Westelikes Rugbyklub by HoΓ«rskool Brits, en ons wil die pawiljoene vol sien. Bring jou familie, vriende en bure. Trek jou blou, rooi en wit aan en kom wys dat Brits Rugby die hart van ons gemeenskap is.
π Elke stem van die kantlyn gee daardie ekstra inspuiting. β€οΈ Elke ondersteuner maak 'n verskil. π€ Saam is ons sterker.
π
18 Julie π HoΓ«rskool Brits π 2des: 15:00 π 1stes: 16:15
Kom staan agter jou dorp. Kom staan agter jou klub. Kom wys waarvoor BRITS gemaak is!
19/06/2026
ππ 'n Groot Dankie aan Wimpy Brits Mall! ππ
Brits Rugby wil graag ons opregte dank uitspreek aan Wimpy Brits Mall vir hul voortdurende ondersteuning van ons klub deur weekliks die Man van die Wedstryd-geskenkbewyse te borg.
Julle bydrae help ons om die spelers te beloon wat elke week alles opoffer, hard werk en hul beste op die veld gee. Hierdie erkenning motiveer nie net ons spelers nie, maar versterk ook die waardes waarop Brits Rugby gebou is β toewyding, spanwerk en trots.
Dankie dat julle in plaaslike rugby belΓͺ en deel vorm van ons rugbyfamilie. Ons waardeer julle ondersteuning opreg en sien uit na nog vele suksesvolle seisoene saam.
πͺπ Van almal by Brits Rugby β baie dankie Wimpy Brits Mall!
πππ
19/06/2026
π 'n Groot Dankie aan Mega Roller Africa! π
Brits Rugby wil graag ons opregte waardering uitspreek teenoor Mega Roller Africa vir hul borgskap van ons Man van die Wedstryd-toekenning.
Julle ondersteuning help ons om die harde werk, toewyding en passie van ons spelers te erken en te beloon. Hierdie toekenning motiveer spelers om elke week hul beste op die veld te gee en dra by tot die groei en sukses van ons klub.
Ons waardeer julle belegging in plaaslike rugby en sien uit na 'n lang en suksesvolle vennootskap.
Dankie dat julle saam met ons die gees van PASSIE β’ SPANWERK β’ RESPEK uitleef.
πππ
16/06/2026
Brits Rugby Klub stel met trots die Brits Jeug Rugby Klub bekend! ππ΅βͺπ΄
Op Saterdag 20 en 27 Junie by Laerskool Brits, vanaf 09:30 tot 11:30, kry jou Rugga die geleentheid om saam met maatjies van ander skole die veld te vat en deel te word van Brits Rugby Klub se Jeug Klub.
Die registrasiefooi beloop:
πΉ O/9 β O/11: R650
πΉ O/12 β O/13: R730
Hierdie klinieke bied βn uitstekende geleentheid vir jong spelers om hul vaardighede op te skerp, nuwe maatjies te ontmoet en ook kennis te maak met die afrigters.
Op die 2 Saterdae sal ons die Ruggas registreer vir die opkomende liga wat vanaf Julie plaasvind.
Ons nooi alle Mammas en Pappas uit om saam met ons die dag te kom geniet. βοΈ
Indien jy as borg betrokke wil raak by hierdie geleentheid, is jy ook meer as welkom om die dag saam met ons te kom geniet.
Sluit aan en word deel van die dorp se toekoms!
16/06/2026
π₯ GEMEENSKAP RUGBY DAG π₯
DAM TEEN DORP!
Saterdag 20 Junie is dit een van die grootste dae in klubrugby in ons kontrei β Hartbeespoort Rugby Klub teen Brits Rugby Klub.
Hiasinte teen potholes. Dam teen Dorp. Wie gaan dit wees?
Hartbeespoort het die laaste paar jaar hard gewerk om weer βn gedugte klub te word en is al gewoond aan die tempo van die liga. Aan die ander kant staan Brits Rugby Klub, wat soos βn feniks uit die as opgestaan het hierdie jaar en gewys het hulle is op pad om weer saam met die groot honde te blaf.
Harties lΓͺ tans in die boonste helfte van die punteleer, terwyl Brits in die 7de plek verkeer, maar stelselmatig besig is om hulle voete te vind. Hierdie een beloof om βn titaniese stryd te wees!
Kan Brits die spreekwoordelike damwal breek en Harties op hulle eie tuisveld klop? Of gaan die manne van Harties self die damwal breek en die dorp van Brits oorspoel met glorie?
Bring jou familie, bring jou vriende en nooi die hele gemeenskap. Daar beloof ook om baie pret aktiwiteite vir die kinders te wees, so kom maak βn draai.
π HoΓ«rskool Hartbeespoort
π
Saterdag 20 Junie 2026
π Ingang: R30 per kar / R10 pp
β Geen koelbokse
DIS DORP TEEN DAM.
Jy wil dit nie mis nie! π΄βͺβ«π