14/05/2025
Het jy al ingeskryf vir ons toernooi? Daar is nog tyd, maak seker jy loop dit nie mis nie!
Have you entered our tournament? There’s still time, be sure not to miss out!
V/S-Fanie:083 494 3101
Sekr-Jean: 082 929 4908
Oefen Maan-&Donderdae @ 17:30
14/05/2025
Het jy al ingeskryf vir ons toernooi? Daar is nog tyd, maak seker jy loop dit nie mis nie!
Have you entered our tournament? There’s still time, be sure not to miss out!
10/01/2025
Welkom terug na die vakansie! Ons sien uit na nog ‘n lekker stoei jaar. Oefeninge begin op 20 Jan en ENIGE stoeiers wat belangstel om die jaar te stoei is welkom om te deelneem voor jy besluit of jy wil aansluit! Hoop om julle almal daar te sien!
10/11/2024
Van Rooyen Stoeiklub het op Saterdag 2 November ons jaarafsluiting en prysuitdeling gehou. Dit was ‘n goeie jaar en ons het so baie om voor dankbaar te wees en te vier; waaronder Goud, Silwer en Brons medaljes by die Suid Afrikaanse kampioenskappe asook ‘n klomp stoeiers wat hulle Vrystaat klere verwerf het.
Dankie aan DG Snyman vir die skaap en spit, Floris en Jean Coetzee vir hulle fasiliteite en elke afrigter, beampte, ouer en stoeier vir julle harde werk om 2024 nog ‘n suksesvolle jaar te maak.
05/11/2024
Aranos Coetzee, wereldbeker rugbyspeler van Namibie en Cheetah voorspeler het kom inloer by ons manne se stoei oefening.
Aranos help die manne om oefeninge uit te werk sodat n goeie balans gekry kan word tussen spier krag, spoed en balans.
So sterk soos n bees en so braaf soos n boerboel op die rugbyveld, het Aranos ons seuns met die grootste hart gekyk en gehelp.
Ons waardeer jou moeite Aranos en baie dankie weereens vir jou hulp.
Dit is vir van Rooyen stoeiklub n voorreg om n man soos jy se hulp te kon kry!
25/10/2024
28/09/2024
SA’s done and dusted!
Baie trots op ons Van Rooyen stoeiers wat vandag plekke behaal het.
Eerste plek 🥇
Wian Bredenkamp
Derde plek 🥉
Waldo de Klerk
Spesiale geluk aan Wian Bredenkamp met 3 Goue Medaljes die afgelope 3 dae (vrystyl, presidente en greco style). Baie dankie aan elke ouer asook Oom Fanie en Louis vir julle hulp en opofferings, ons waardeer julle!
27/09/2024
Van Rooyen Stoeiers Uitslag: Dag 2 van SA’s
Eerste plek 🥇Presidente
Wian Bredenkamp
Baie geluk met jou tweede goud Wian! Ons is trots op jou!
26/09/2024
Baie geluk aan die volgende Van Rooyen Klub stoeiers wat plekke behaal het by SA Jeug Kampioenskappe vandag!
🥇Eerste plek: GOUD
Wian Bredenkamp
🥉Derde plek: BRONZ
Timo Nel
Jandrich Kapp
Ons is baie trots op julle🤼♂️
Dankie aan ons afrigters, ouers, spanbestuurder en stoeiers vir almal se ondersteuning en samewerking.
Sterkte aan al ons stoeiers wat more deelneem!
15/09/2024
Baie geluk aan ons Van Rooyen Stoeiers asook al die ander Vrystaat Klubs, met stoeiers wat ingesluit is by die Vrystaat span vir die SA Jeugkampioenskappe vanaf 26-28 Sep in Stellenbosch.
13/09/2024
Ondersteun gerus ons stoeiers wat aan die SA Nasionale Jeugkampioenskappe deelneem. Die volledige toernooi gaan lewendig op die Supersport Schools app uitgesaai word.