Impak Kerk

Impak Kerk

Share

To mobilize each member of the assembly to become fisher’s of men, via training, motivating and sp

Photos from Impak Kerk's post 30/08/2026

DIE WITBORD VAN JOU LEWE

Wat staan vandag op jou witbord? 🤔✍️

Ons almal dra ’n storie saam — daar is dinge wat ons graag wil uitvee, dinge wat ons nooit wil vergeet nie, en dinge wat ons hoop nog geskryf sal word.

Maar wat gebeur wanneer ons die witbord van ons lewe in God se hande plaas? 🙏

Kom wees vandag saam met ons by Impak Kerk en ontdek wat God vir jou wil wys en wat Hy besig is om in jou lewe te skryf. 🔥

⛪ Vandag by Impak Kerk
🎥 Kan nie persoonlik daar wees nie? Kyk saam met ons LIVE!

Bring jou familie, nooi ’n vriend en kom groei saam met ons. ❤️

God is nog nie klaar met jou storie nie! ✨

Jesus SaamGroei

29/08/2026
26/08/2026

🙏 Midweek Minute | Pastoor Colin Botes

Geloof is die sleutel wat die deur oopmaak vir God se krag om in ons lewens te beweeg.

Wanneer ons kies om te glo, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie, gee ons God ruimte om te werk. Geloof beteken om Hom te vertrou en te weet dat Hy meer kan doen as wat ons ooit self kan.

Maak vandag die deur oop — glo, vertrou en laat God beweeg. 🙌

Photos from Impak Kerk's post 23/08/2026
Photos from Impak Kerk's post 16/08/2026

Vandag het Pastoor Carel Joubert ons herinner aan Sara en Abram — twee mense wat moes wag, glo en deur uitdagings gaan voordat hulle God se belofte sien realiseer.

God het vir Abram gesê dat konings uit sy nageslag sou voortkom. Wat op daardie oomblik onmoontlik gelyk het, was reeds deel van God se plan.

Miskien lyk dit vandag vir jou asof die belofte te lank vat. Miskien voel dit asof jy moet settle.

Maar moenie settle vir minder as dit wat God vir jou bestem het nie.

Ek sal nie settle nie!

Photos from Impak Kerk's post 09/08/2026

🔥 VANDAG BY IMPAK KERK 🔥

Wat ’n kragtige en geseënde diens! 🙏

Vandag het Pastoor JP Pretorius ons bedien met ’n besondere boodskap:
🎙️ “DIT IS IN JOU” 🔥

God het reeds iets in jou geplaas. Hy het jou geroep, toegerus en ’n doel vir jou lewe. Vandag is ons weer herinner dat dit wat God in ons geplaas het, deur ons gebruik wil word tot Sy eer. 🙌

❤️ Dankie aan elke persoon wat vandag saam met ons aanbid het!
As jy die diens gemis het, gaan kyk gerus na die livestream en deel dit met iemand wat hierdie boodskap nodig het.

🔥 DIT IS IN JOU!

05/08/2026

🤝 Midweek Minute | Pastoor Carel Joubert

Eenheid beteken nie ons is almal dieselfde nie. Dit beteken ons kies dieselfde doel. Soos mense in 'n roeiboot moet ons saam roei, dieselfde ritme volg en in dieselfde rigting beweeg. Wanneer elkeen sy eie pad kies, ontstaan daar chaos. Maar wanneer ons in liefde, nederigheid en eensgesindheid saamwerk, kan God ons verder neem as wat ons ooit alleen sou kon.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Alberton?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address


4 Renonkel Street Brackenhurst
Alberton
1448