Leke Kampers

Leke Kampers

Share

Met Leke Kampers wil ons wys dat kamp en travel nie ingewikkeld hoef te wees nie. Maak jou volgende reis, LEKE...

Ons deel ons ervarings, wenke en (partykeer) ons foute – om die lewe makliker te maak vir beide die onervare én ervare kamper.

25/08/2026

Die outjie is honger

Ons het eers die ma gesien en toe gesien die kleintjie wat aan haar drink.

Dit is darem mooi om die natuur so te sien

24/08/2026

Hulle lê sommer by die ingang

Met ons besoek aan Dinokeng Game Reserve het ons gehoop ons sien diebgeoot 5, maar ons het toe nie.

Hierdie Wildebeeste het sommer reg langs die pad naby die ingang gelê.

Kyk uit vir die ander wat ons ook gewaar het.

23/08/2026

7 dae oor om te deel met almal, dan word die wenners bekend gestel.

Nuy Winery
KUGA
Invader Off-Road Campers
Nova Vita Farmstall
Klein Tafelberg Training and Adventure Centre
LekkerSeal

22/08/2026

'n geel een

Die Land Rover het bietjie lank gestaan en kort beslis bietjie TLC.

Het twee afdraaie verby gery omdat hy nie wil briek nie.

Gelukkig dit gemaak tot by die huis.

21/08/2026

Water is bietjie koud. (Lag maar leke)

So vlieg ek met die drone agter 'n reier aan om 'n video te maak.

Nie seker waar nie, maar toe ek weer sien is daar net takke op die kamera skerm.

Daar moet ek toe in swem en gaan ondersoek instel.

Eerste probeerslag sien ek niks.

Kom terug op wal en sit die "find my drone" aan dat ek 'n idee het waar hy is.

Ek vind hom toe bo in 'n pendoring boom.

Terug huis toe, 'n pienk opblaas swem tjoep en 'n swembad borsel werk toe 100% om die drone uit te haal.

Jy kan maar lag.

20/08/2026

Ons soek deelnemers vir ons potjiekos kompetisie!

Inskrywing is gratis.

Bring net jou eie pot en bestandele.

Vuurmaak goed, vuurmaak plek en charcoal word verskaf.

Sondag 30 Augustus hou ons 'n potjiekos kompetisie by Harley's on main tesame met Gordons Bay Boat Angling Club vir Animal Welfare Helderberg

Ons samel kos, komberse en enige goedjies wat hulle kan gebruik vir ons viervoetige maatjies wat afgelewer kan word by Gordons bay boat angling club of bring dit saam op die dag.

Ons sal julle deelname waardeer.

19/08/2026

Ons vlug

Kyk net die uitsig van die vliegtuig af.

Hier is ons in die vliegtuig oppad na OR Tambo lughawe, daar tel ons 'n motor op en vertrek Shona Langa Nature Estate toe.

Dankie aan LIFT Airline het ons bederf met die gamaklikste sitplekke, ietsie om te eet en ietsie vir die keel om ons vlug korter te maak.

Kyk en geniet die uitsig.

18/08/2026

Sy vat No 1 in

Baie geluk Elizna Meyer met jou ongelooflike prestasie.

Die top agent in Suid Afrika vir Flight Centre South Africa independent - Envoyage ZA

Die harde werk, lang ure en jou deursettings vermoë is iets wat 'n inspirasie kan wees vir enige een.

Dit is 'n voorreg om die lewe saam met jou te kan deel.

Alle sterkte en voorspoed vir die pad vorentoe my engel.

Mag dit net geluk en sukses wees wat vir jou voorlê!!

Oneindiglik lief vir jou!!


Langhams Executive Conferencing

17/08/2026

Spoedkamera? 🤣🤣

So ry ons oppad Shona Langa Nature Estate toe.

Op ons pad is geel klip stene wat lyk soos die geel spoed kameras wat mens langs die pad kry.

Soos mens se reaksie mos maar is, trap ek sommer briek voor ek dit nog sien.

Beslis toe nie 'n kamera nie, maar sy het leke gelag.

16/08/2026

Ons kort julle hulp

Ons het hierdie keer besluit om betrokke te raak by ons viervoetige vriende se welstand.

Ons samel nou bietjie fondse en goedjies in vir Animal Welfare Helderberg

Hulle is 'n liefdadigheids organisasie wat die diertjies help.

Hoe kan jy help?

Donasies
Lootjies kan gekoop word
Komberse
Kos

Enige vorm van gee is welkom.

Elke bietjie help

Items kan by Gordons Bay Boat Angling Club afgelaai word voor of op Sondag 30 Augustus.

Indien julle 'n donasie wil gee laat weet gerus dat ons die bank besonderhede kan aanstuur.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Strand?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address

Strand
7140