Kloof Gespesialiseerde Sport

Kloof Gespesialiseerde Sport

Share

Hierdie is die amptelike Facebook-bladsy van die Gespesialiseerde Sporte van HoΓ«rskool Waterkloof. Die bladsy word opgedateer deur die skool.

Photos from Kloof Gespesialiseerde Sport's post 04/09/2026

πŸš΄β€β™€οΈπŸ’™πŸ’› CYCLE LAB #4 | EYE OF AFRICA πŸ’›πŸ’™πŸš΄β€β™‚οΈ

Baie geluk aan al ons Klofies-ryers met julle puik prestasies by Cycle Lab #4 by Eye of Africa! πŸ†πŸ”₯

πŸ… DOGTERS

πŸ₯‰ O/14: Lisa Pienaar – 3de plek
πŸ₯‡ O/15: Roxy de Lange – 1ste plek
πŸ₯ˆ O/15: Alana de Bruin – 2de plek
πŸ₯‰ O/17: Jordan Grobler – 3de plek
πŸ₯‡ O/19: Helen Olwage – 1ste plek

πŸ… SEUNS

πŸ… O/16: Conrad de Bruin – 5de plek
πŸ… O/19: AJ de Vos – 4de plek

’n Spesiale gelukwensing aan ons podiumryers! πŸ₯‡πŸ₯ˆπŸ₯‰πŸ‘

En natuurlik baie geluk aan elke Klofie-ryer wat deelgeneem het. Julle harde werk, deursettingsvermoΓ« en passie vir fietsry maak ons ongelooflik trots! πŸ’™πŸ’›πŸš΄β€β™‚οΈ

Hou aan trap, Klofies! πŸ”₯πŸš΄β€β™€οΈπŸš΄β€β™‚οΈ

πŸ’™πŸ’›

04/09/2026

πŸ’™πŸ’› KLOFIES IN AKSIE BY DIE NTS SHORT COURSE CHAMPIONSHIPS! πŸ’›πŸ’™

πŸŠβ€β™‚οΈ NTS Junior Short Course Championships | 21–23 Augustus

⭐ James Booysen het tydens die Junior Kampioenskappe aan ’n indrukwekkende reeks items deelgeneem:

🏊 50 m & 100 m Vryslag
🏊 50 m, 100 m & 200 m Borsslag
🏊 50 m Rugslag
🏊 50 m Vlinderslag
🏊 100 m Individuele Wisselslag

πŸ‘ Baie geluk, James, met jou deelname en harde werk!

βΈ»

πŸŠβ€β™€οΈ NTS Senior Short Course Championships | 28–30 Augustus

πŸ₯ˆπŸŒŸ ANDREA VAN HUYSSTEEN 🌟πŸ₯ˆ

Wat ’n ongelooflike prestasie! Andrea het ’n indrukwekkende vyf 2de plekke behaal:

πŸ₯ˆ 50 m Borsslag
πŸ₯ˆ 100 m Borsslag
πŸ₯ˆ 50 m Rugslag
πŸ₯ˆ 100 m Rugslag
πŸ₯ˆ 200 m Rugslag

Andrea het ook aan die 50 m & 100 m Vryslag en 100 m Individuele Wisselslag deelgeneem. πŸ’ͺπŸŠβ€β™€οΈ

πŸ”₯ Vyf medaljes – vyf keer op die podium! πŸ”₯

⭐ ROXY DE LANGE ⭐

Roxy het aan die volgende items deelgeneem:

🏊 100 m Vryslag
🏊 50 m Vlinderslag

πŸ’™πŸ’› Baie geluk aan James, Andrea en Roxy!

Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, toewyding en die manier waarop julle Kloof se naam hoog gehou het by die NTS Short Course Championships! πŸ‘πŸŠβ€β™€οΈπŸŠβ€β™‚οΈ

Hou aan swem, hou aan droom en hou aan om Klofie-trots te maak! πŸ’™πŸ’›

πŸŠβ€β™€οΈπŸ†

Photos from Kloof Gespesialiseerde Sport's post 01/09/2026

πŸŽ³πŸ† WATERKLOOF ROLBAL | STADSBEKER-RESULTATE πŸ†πŸŽ³

Wat ’n ongelooflike naweek vir Waterkloof Rolbal! πŸ’™πŸ’›πŸŽ³ Ons spelers het hul harte op die baan gelos en met trots, deursettingsvermoΓ« en spanwerk meegeding.

πŸ₯‡πŸŽ³ WATERKLOOF 5 – C-LIGA KAMPIOENE! πŸ†

Baie geluk aan ons Waterkloof 5de Span wat die afgelope naweek die BGN Skolerolbal se Stadsbeker C-Liga gewen het! πŸ†πŸ₯³

Vrydag het die span Pretoria Old Boys (Menlo) in die semifinaal geklop om hul plek in die finaal teen Waterkloof 7 te bespreek.

Die finaal was ’n naelbyt-wedstryd! 😱πŸ”₯ Nadat die spanne nΓ‘ vier wedstryde gelykop geΓ«indig het, moes die kampioen in ’n sudden-death kop bepaal word.

Onder geweldige druk het ons span hul senuwees behou en daarin geslaag om as oorwinnaars uit die stryd te tree! πŸ†πŸ₯³

Baie geluk aan die hele span, afrigter en spanbestuurder met hierdie besonderse prestasie! πŸ’™πŸ’›πŸŽ³

πŸ₯ˆ WATERKLOOF 3 – B-LIGA FINALISTE

Waterkloof 3 het in die BGN Skole Stadsbeker B-Liga-finaal teen Old Boys (Menlo) se 1ste Span meegeding.

Ongelukkig moes ons hierdie keer die knie buig met ’n eindtelling van 2–6.

Baie geluk aan elke speler met julle harde werk en uitstekende prestasie om tot by die finaal te vorder! πŸ‘πŸŽ³

πŸ₯ˆ WATERKLOOF 1 – A-LIGA SILWER

Ons Waterkloof 1ste Span het Sondag hul liga afgesluit met ’n wedstryd teen Barbarians se 1ste Span.

Waterkloof het met ’n indrukwekkende 7–0-oorwinning geseΓ«vier! πŸ”₯πŸ‘

Die span moes egter met die silwermedalje tevrede wees nadat Barbarians 2 deur die seisoen genoeg gedoen het om met die goud en die beker weg te stap. πŸ₯‡πŸ†

πŸŽ‰ Baie geluk aan al ons spelers, afrigters en spanbestuurders!

Julle verteenwoordig Waterkloof met trots en wys keer op keer dat harde werk en spanwerk vrugte afwerp. πŸ’™πŸ’›

Klofie Rolbal – sterk op die baan, sterk as ’n span! 🎳πŸ”₯

πŸ’™πŸ’›πŸŽ³

Photos from Kloof Gespesialiseerde Sport's post 01/09/2026

🐴πŸ’₯ KLOOF-RUITERS VAAR UITSTEKEND IN ANDER SANESA-DISSIPLINES! πŸ’₯🐴

Ons Kloof-ruiters wat gedurende die SANESA-ligaseisoen aan die Western Mounted Games, Working Equitation en Endurance-dissiplines deelgeneem het, het Kloof se naam hoog gehou en die afgelope paar skoue uitstekend presteer! πŸ†πŸ΄

🌟 Isabel Uys & Figaru
Behaal ’n uitstekende 2de plek in die 80 km-uithourit by Sondela! πŸ₯ˆπŸ”₯
Hulle het ook uitstekend gevaar tydens verskeie Working Equitation-skoue met twee 3de plekke en ’n 5de plek. πŸ‘πŸ₯³

🌟 Anya Fouche & Two Moons Eagle Alexander
Behaal ’n puik 2de, 5de en 6de plek tydens hul Western Mounted Games-skoue in Vlak 4! πŸ’ͺ🐴πŸ₯³

🌟 Luan van der Bijl & Bull’s Eye
Wat ’n ongelooflike reeks uitslae! 🀩
Hulle behaal 2de, 3de en 4de plekke in Vlak 4 & 5 van die Western Mounted Games. πŸ†
Luan en Red Door voeg daarby ’n 1ste, 2de en 7de plek tydens verskeie skoue! πŸ₯³πŸ”₯

🌟 Shana Marie Mohd & Dante Deo Pilgrim
Vaar uitstekend tydens hul Western Mounted Games-skoue in Vlak 0 & 1 en behaal ’n indrukwekkende 1ste, 3de, 5de, 6de en 7de plek! πŸ†πŸ‘πŸ₯³

πŸ΄πŸ’™πŸ’› Baie geluk aan al hierdie talentvolle ruiters en hul ongelooflike perde met julle fantastiese prestasies!

Julle harde werk, toewyding en passie vir die sport is ’n ware inspirasie. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! πŸ‘πŸ₯³

Met die laaste deel van die seisoen wat voorlΓͺ en die Gauteng-spanne wat binnekort bekend gemaak word, hou ons saam met julle duim vas! 🀞🏻🐴πŸ’₯

Sterkte vir die res van die seisoen – Kloof is trots op julle! πŸ’™πŸ’›

πŸ΄πŸ’™πŸ’›

Photos from Kloof Gespesialiseerde Sport's post 30/08/2026

β™ŸοΈπŸŸ¦ KLOOF-SKAAK | GAUTENG TOP SCHOOLS 2026 πŸŸ¨β™ŸοΈ

πŸ† GAUTENG PROVINSIALE SPANSKAAK-KAMPIOENE 2026! πŸ†

πŸ₯³πŸ₯³πŸ₯³πŸ™ŒπŸ»πŸ™ŒπŸ»πŸ™ŒπŸ»

Ons Dogters Eerste Span het die naweek by die Gauteng Top Schools Finale hul uitstekend van hul taak gekwyt en ’n ongelooflike 1ste plek in hul kategorie behaal! πŸ†β™ŸοΈ

Met hierdie puik prestasie stap hulle weg met die titel:

πŸ‘‘ GAUTENG PROVINSIALE SPANSKAAK-KAMPIOENE 2026! πŸ‘‘

Baie geluk aan ons ongelooflike spanlede:

β™ŸοΈ Janina van Biljon
β™ŸοΈ Lana de K**k
β™ŸοΈ Marli Grobler
β™ŸοΈ Karlien Weder
β™ŸοΈ Nikki van Dyk
β™ŸοΈ SimonΓ© Reinecke

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! πŸ’™πŸ’› Julle harde werk, deursettingsvermoΓ« en spanwerk het vandag vrugte afgewerp.

Kloof-Skaak is Gauteng-kampioene! πŸ†πŸ₯³β™ŸοΈ

29/08/2026

β™ŸοΈπŸŸ¦ KLOOF-SKAAK | GAUTENG TOP SCHOOLS FINALE πŸŸ¨β™ŸοΈ

Ons Kloof-Skaak Dogters Eerste Span neem vandag deel aan die Gauteng Top Schools Finale in Benoni! πŸ†β™ŸοΈ

Baie sterkte aan ons ongelooflike dogters! πŸ’™πŸ’› Ons is ongelooflik trots op julle en glo dat julle vandag uitstekend gaan vaar! πŸ™ŒπŸ»πŸ”₯

Speel met selfvertroue, gee julle beste en geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid! πŸ†β™ŸοΈ

Ons staan agter julle! πŸ’™πŸ’›

β™ŸοΈπŸ†

29/08/2026

πŸŽ³πŸ† WATERKLOOF ROLBAL | STADSBEKER-UITSLAGTE πŸ†πŸŽ³

Wat ’n fantastiese dag vir Waterkloof Rolbal! πŸ’™πŸ’› Baie geluk aan Chadri en al ons rolbalspelers met vandag se uitstekende prestasies! πŸ‘πŸ”₯

πŸ₯‡ STADSBEKER A-LIGA

Die 1ste en 2de span het vandag albei ’n loslootjie gehad.

πŸ₯ˆ STADSBEKER B-LIGA

🎳 Waterkloof 3de Span – Gelykop teen Montana 2: 4–4 🀝
🎳 Waterkloof 4de Span – Verloor teen Menlo 1: 0–9

πŸ† STADSBEKER C-LIGA | SEMIFINALE

πŸ”₯ Waterkloof 5de Span – Wen teen Menlo 2: 9–0

πŸ”₯ Waterkloof 6de vs Waterkloof 7de – Gelykop: 4–4

Maar in ’n ongelooflike spannende wedstryd het Waterkloof 7de Span met die dagtelling van 45–43 deurgedring na die finaal! πŸ˜±πŸ‘πŸ†

βΈ»

πŸ† SONDAG SE GROOT FINALE πŸ†

Ons Waterkloof-spanne is Sondag om 09:00 by Wingate in aksie! 🎳πŸ”₯

πŸ₯ˆ A-Liga:
Waterkloof 1ste Span πŸ†š Barbarians 1
➑️ Speel vir SILWER

πŸ₯‡ B-Liga:
Waterkloof 3de Span πŸ†š Menlopark 1
➑️ Speel vir GOUD πŸ†

πŸ₯‡ C-Liga:
Waterkloof 5de Span πŸ†š Waterkloof 7de Span
➑️ Speel vir GOUD πŸ†

πŸ’™πŸ’› Baie sterkte aan al drie ons finalespanne! Gee alles, speel met trots en geniet elke oomblik.

Ons staan agter julle! 🎳πŸ”₯πŸ†

πŸ’™πŸ’›

27/08/2026

πŸŠβ€β™€οΈπŸ’™πŸ’› WATERKLOOF SWEM | SWEM-BEWUSMAKINGSWEEK πŸ’›πŸ’™πŸŠβ€β™‚οΈ

Ons is opgewonde om tydens ons Waterkloof Swem-bewusmakingsweek al ons swemmers en ouers bymekaar te bring! πŸŠβ€β™€οΈπŸŠβ€β™‚οΈ

πŸ”₯ Kom kuier saam met ons rondom die braai! πŸ”₯

Ons nooi al ons Waterkloof-swemmers en hul ouers om saam met ons te kom kuier, braai en die nuwe swemseisoen te vier! 🌭πŸ₯³

Dit is ’n wonderlike geleentheid om mekaar beter te leer ken, die swemgemeenskap te versterk en sommer net lekker saam te kuier. πŸ’™πŸ’›

πŸ“… Datum: 9 September 2026
⏰ Tyd: 17:30 vir 18:00
πŸ“ Plek: Kloof Amfi

Ons sien uit daarna om die swembad Γ©n die braai saam met julle vol energie te maak! πŸ”₯πŸŠβ€β™‚οΈ

Klofie Swem – sterker saam, in en buite die swembad! πŸ’™πŸ’›

πŸŠβ€β™€οΈπŸ’™πŸ’›

27/08/2026

πŸŠβ€β™€οΈπŸŠβ€β™‚οΈ WATERKLOOF SWEM | NUWE SEISOEN SKOP AF! πŸ’™πŸ’›

Die nuwe swemseisoen is amptelik aan die gang! πŸŠβ€β™‚οΈπŸ”₯

Ons herinner graag al ons swemmers aan die swemoefentye en moedig elkeen aan om reg te wees vir ’n nuwe seisoen vol harde werk, nuwe doelwitte en groot prestasies! πŸ’ͺπŸ†

Maak seker jy weet wanneer jou oefening is en sien ons by die swembad! πŸŠβ€β™€οΈπŸ’¦

Kom ons maak hierdie seisoen een om te onthou! πŸ’™πŸ’›

πŸŠβ€β™‚οΈπŸ†

24/08/2026

β™ŸοΈπŸŸ¦ KLOOF-SKAAK | TSHWANE FINALES 2026 πŸŸ¨β™ŸοΈ

Wat ’n ongelooflike dag vir Kloof-Skaak tydens die Tshwane Finales op Saterdag 22 Augustus! β™ŸοΈπŸ”₯

Ons is ongelooflik trots op al ons spelers wat hul alles op die skaakbord gegee het. Hier is ’n paar van die hoogtepunte:

πŸ† EERSTE SPAN – 3DE IN PRETORIA!

Ons Eerste Span eindig algeheel 3de in Pretoria! πŸ‘

Hulle het Sutherland, Midstream en Menlopark uitgestof, maar het ’n harde wedstryd teen Affies-Seuns beleef. Die span het ook Boys High verslaan, maar die oorhoofse tie-break het Boys High in die 2de plek geplaas.

Waterkloof mis dus die Gauteng-plasing met slegs ’n halwe punt! 😱

Nogtans is ons Klofie-trots op hierdie kampioene! πŸ’™πŸ’›β™ŸοΈ

β™ŸοΈ TWEEDE SPAN

Met ’n paar nuwe spelers in die O/17-kategorie het hierdie span waardevolle ervaring opgedoen en ’n 4de plek in hul kategorie behaal.

Hierdie jong spelers het ongelooflike potensiaal en ons is seker dat hulle nog groot hoogtes gaan bereik! πŸ’ͺ

β™ŸοΈ DERDE SPAN

Hierdie span het regtig alles gegee! πŸ”₯ Hulle moes boonop met een speler minder klaarkom, maar het nooit opgegee nie.

Alhoewel hulle nie die top 5 gehaal het nie, is ons steeds ongelooflik trots op hulle! πŸ‘

’n Spesiale vermelding aan Inge Jacobs, die enigste dogter in die span, wat ’n fantastiese 4 uit 5 rondtes gewen het! πŸ˜Œβ™ŸοΈ

πŸ‘‘ DOGTERS EERSTES – DIE LAST GIRLS STANDING! πŸ‘‘

En nou vir die groot nuus! πŸ₯³

Hierdie span, oorspronklik ’n O/15A-span, het daarin geslaag om as die β€œlast girls standing” oor te bly nadat verskeie skole hul dogterspanne weens lae deelname onttrek het.

Ons kon hulle dus in die O/19A-kategorie inskryf – maar toe kom daar ’n onverwagse draai! 😱

D4-Skaak het besluit om ons Dogters Eerstes direk na die Gauteng-finaal deur te stuur! πŸ†

Dit beteken hulle speel reeds volgende Saterdag, 29 Augustus, in Benoni vir ’n plek op die volgende vlak! πŸ”₯β™ŸοΈ

Ons is ongelooflik trots op ons dogters en kan nie wag om te sien wat hulle volgende week vermag nie!

Hou hierdie spasie dop! πŸ†πŸ₯³πŸ’™πŸ’›

🌟 UITBLINKERS VAN DIE DAG 🌟

β™ŸοΈ Kagan Web (Gr. 11) – Wen of speel gelykop in elke rondte en eindig met ’n uitstekende 4/5 punte.

β™ŸοΈ Ludrick Oosthuizen (Gr. 11) – Wen 4/5 rondtes.

β™ŸοΈ Donovan Grobler (Gr. 11) – Ons Man of the Match met ’n perfekte 5/5! πŸ”₯πŸ†

β™ŸοΈ Marko Coetzee (Gr. 9) – Verslaan die bekende, hoog aangeskrewe speler Daniel Yang van Crawford College en eindig boonop met ’n perfekte 5/5 rondtes! πŸ˜±β™ŸοΈπŸ”₯

β™ŸοΈ Inge Jacobs (Gr. 9) – Wen ’n indrukwekkende 4/5 rondtes.

’n Massiewe geluk aan elke speler en afrigter! Julle harde werk, deursettingsvermoΓ« en liefde vir skaak maak ons ongelooflik trots. πŸ’™πŸ’›

Kloof-Skaak is aan die beweeg! β™ŸοΈπŸ”₯

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address

C/O Boeing St &, Solomon Mahlangu Drive, Erasmuskloof
Pretoria
0048