Playball Parys

Playball Parys

Share

Using sport as the means, we provide children with a sound base from which to develop every aspect of their lives.

Children thrive in our fun-filled, high quality sport lessons. A learning environment, which boosts confidence and self-esteem!

23/01/2026

MOTORIESE BEPLANNING is wanneer ek goed in die korrekte volgorde van begin tot einde kan doen. Dit help my om enige nuwe, onbekende taak stapsgewys baas te raak en instruksies reg uit te voer.

22/01/2026

Dit leer my brein om herhalende patrone te herken – 'n belangrike vaardigheid as ek goed moet doen soos tel en rympies leer.

21/01/2026

In die klaskamer help dit my om my midlyn te kruis wat LEES en SKRYF verbeter.

20/01/2026

As ek my MIDLYN KRUIS, verbeter ek kommunikasie tussen die twee helftes van die brein wat my help om beter te konsentreer.

19/01/2026

Rol stimuleer my VESTIBULêRE sisteem wat in my binne-oor is en my lyf se oriënteringsisteem is. As my vestibulëre sisteem goed werk dan voel my lyf georganiseerd en gemaklik om al die ander SENSORIESE insette te kan hanteer en te verwerk.

18/01/2026

RITME en TYDSBEREKENING is belangrike sleutels vir leer en 'n onontbeerlike komponent van alles wat ons doen. As ons RITME en TYDSBEREKING beter is, kan ons meer effektief d**k en beweeg.

17/01/2026

Skop ontwikkel asimmetriese bilaterale integrasie. Aan weerskante van my lyf doen my ledemate verskillende goed gelyktydig. My een been se voet word gelig om te skop en die ander been staan en hou balans. Daar is ander aktiwiteite wat ook vereis dat my lyf op hierdie manier werk, bv. sny of teken. Een hand hou bv. die papier vas terwyl die ander een sny.

16/01/2026

Vang help met BILATERALE INTEGRASIE – dit beteken dat albei kante van my lyf gekoördineerd, beheersd en georganiseerd is.
Bilaterale Integrasie help met alledaagse aktiwiteite soos knope vasmaak en ook skoolaktwiteite soos sny met 'n skêr en ryg van krale.

15/01/2026

Balans en Koördinasie help my met vloeiende liggaamsbeweging. As ek goeie liggaamsbeheer het is dit makliker om alle “tafeltakies” uit te voer bv. legkaarte bou, inkleur, teken en verf omdat dit my postuur verbeter.

Playball - Learn Practice Play 14/01/2026

Inskrywingsvorm ➡️ https://forms.gle/QWZj4aa3FBUuhY5x9

Ons is gereed om 2026 af te skop! 🏀⛹️‍♀️⛹️‍♂️

👕 Playball hempie is ingesluit by die registrasiefooi.

Kleuterskole en Gr.R Sentrum in Parys.

Kontak my gerus as daar enige vrae is.

Caroline - 072 815 9932

Playball - Learn Practice Play The aim of Playball is to introduce young children to constructive and enjoyable sport participation through various age-appropriate programmes. All of the programmes have a "multi-activity" approach, ensuring a competent foundation in all the popular sports played at school.

23/01/2025
Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Parys?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address

Parys

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 03:00