Op 29 Aug 2026 het ń groep van 40 stappers van Mosselbaai Voetslaanklub die Funkamukaba roete te Brandwag gestap. Dit was ń interessante, maar uitdagende roete.
Ons leier was Gussie Kriel en Heather Jeffrey het as mede stapleier gesorg dat almal veilig deurdruk tot die terugkeer..
Mosselbaai Voetslaanklub
Uitstappies elke 2de Donderdag.
navrae -
Sekretaris: Sakkie van Dyk 082 820 1338
Epos: [email protected]
Voorsitter: Trudie Crouse 082 979 4348
Tesourier: Elsabe Richards 082 887 6712
Stapleiers name: kyk by ABOUT > PRIVACY & LEGAL INFO Mosselbaai Voetslaanklub is 'n dinamiese sosiale stapgroep bestaande uit lede - jonk na oud, met klem op die afgetrede gemeenskap wat lief is vir uitstappies in die natuur, met meegaande "braai-ontspanning" na die stappe...
Op 23 Julie het Mosselbaai Voetslaanklubklub die bekende St Blaize voetslaan roete gestap vanaf die punt tot by Pinnicle Point.
39 stappers het die stap meegemaak met ons stapleiers Gus en Heather.
Hierdie videosnit gee 'n voorsmakie van Mosselbaai en ons groterTuinroete natuurskoon wat hier beleef is...
Op 9 Julie het 36 stappers van die Mosselbaai Voetslaanklub die Bosbok roete by George gestap. Stapleier Dave van Wyk het voorgeloop om die rigting aan te wys en pas aan te gee. Ansie het agter gestap en gesorg dat almal klaar maak. Dankie aan ons stapleiers en mede stapleier vir julle onbaatsugtige diens.
Die Mosselbaai Voetslaanklub het op 11 Junie 2026 die Wolwedans roete aangepak.
Willie Goldblatt het die leiding geneem en met 29 stappers die pragtige roete meegemaak. Anja was die mede-stapleier vir die dag.
Op 28 Mei 2026 het 29 lede van Mosselbaai voetslaanklub die Tonnelbos roete by George gestap. Pragtige roete wat die stappers baie geniet het. Annelie het die stappers gelei en Gerda het seker gemaak almal arriveer by die eindpunt.
Alle staplede en vriende.. Ons vier die 14e jaar op Facebook. Dankie vir jul voortgesette ondersteuning. Ons sou dit nooit sonder jul getroue deelneming kon regkry nie. Vir diegene wat bietjie nostalgies voel.. kyk gerus terug na vorige jare se stap videosnitte🙏🤗🎉
Click here to claim your Sponsored Listing.