SASHF Mpumalanga
South African Sport and Hunting Federation Mpumalanga Branch
The Mpumalanga Highveld Branch of the SA Sport and Hunting Federation offers a home to families and individuals who love the bush, hunting and sport shooting activities. The Federation was established in 1991 mainly to follow ethical standards in hunting and range shooting. The SA Sport and Hunting Federation is a welcoming community for families and individuals who have a passion for the bush, hu
04/06/2026
Charmain Potgieter
Baie geluk met jou verjaarsdag!
Jy is vir baie van ons bekend as die geliefde "Cat Lady", maar vir ons is jy soveel meer as dit. Jy is 'n wonderlike mens wat altyd ander eerste stel, met 'n hart vol omgee en 'n gewilligheid om te help waar jy kan.
Ons is bevoorreg en geëerd om jou as Voorsitter van Sportjag Hoëveld te hê. Jou leiding, toewyding en vriendelikheid maak 'n groot verskil in ons tak en in die lewens van die mense om jou.
Maar nog meer as dit, is ons dankbaar om jou as 'n vriendin te kan ken.
Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met goeie gesondheid, groot seëninge, baie geluk, liefde, vreugde en natuurlik baie spinnende katte! 🐱
Geniet jou spesiale dag!
Baie liefde en beste wense van ons almal
Biance Botha
Christo van der Vyver
Jaco Vorster
SASHF Mpumalanga Fanie Potgieter .
Margaret Botha
01/06/2026
Waarom moet jy hierdie skietdag bywoon?
Elke skoot wat jy afvuur, bou nie net jou vaardigheid nie – dit help jou om jou bevoegdheid, selfvertroue en sportskietstatus te behou.
Hierdie skietdag bied die ideale geleentheid om saam met mede-skuts tyd op die baan deur te bring, jou toerusting te toets, jou skietvernuf te slyp en waardevolle punte aan te teken. Of jy nou 'n ervare skut is of net die sport geniet, elke deelname tel.
Onthou, dit is ook die laaste geleentheid om vir die Nasionale Kampioenskap in Augustus te kwalifiseer.
📌 Belangrik: Gereelde deelname aan erkende skietaktiwiteite is noodsaaklik vir die behoud van jou Sportskietstatus. Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie.
Pak die geweer, laai die ammunisie en kom geniet 'n dag van goeie skiet, lekker geselskap en gesonde kompetisie.
Ons sien julle op die baan! 💪
Charmain Potgieter
Fanie Potgieter
SASHF Mpumalanga
Christo van der Vyver
Jaco Vorster
Biance Botha
@ Dewald Swanepoel
02/03/2026
SA Sport en Jag Federasie
MPUMALANGA HOËVELD
SKIETDAG - SATERDAG 7 MAART 2026
Kom sluit by ons aan vir 'n dag van fokus, vaardigheid en goeie gesleskap by die DRIEFONTEIN SKIETBAAN MIDDELBURG!
Of jy nou kom om jou skietvernuf op te skerp, voor te berei vir die jagseisoen, of net die kameraderie van mede-skuts te geniet - hierdie dag is vir jou.
Bring jou passie, jou dissipline en jou lus vir 'n lekker dag in die buitelug.
Bevestig asseblief jou bywoning by Christo 082 879 7033
Moet dit nie uitmis nie - elke skoot tel!!
Charmain Potgieter Fanie Potgieter Jaco Vorster Christo van der Vyver
So ná die Sportjag-skietoefening het ons sommer ook bietjie pret geskiet 😄
Die kompetisie was taai, die teikens het nie genade gehad nie… maar o, daar wás gelag, mekaar is aangemoedig, en die gees was lig soos kruitrook in die oggendlug.
Dit was kameraadskap, uitdaging en lekker saamwees – net soos dit hoort.
Ons sien uit na volgende maand… nuwe teikens, nuwe stories, dieselfde goeie mense en hopelik n klomp nuwes ook.
Charmain Potgieter
Fanie Potgieter
Jaco Vorster
Vandag het ons die nuwe jaar afgeskop met vars hoop. 🎯
Namens SASHF Mpumalanga bestuur wil ons baie dankie sê aan elke lid wat vandag saam kom skiet het. Julle teenwoordigheid, lag en samewerking het die dag op die skietbaan ’n ware sukses gemaak.
Ons staan met opgewondenheid, hoop en vaste vertroue aan die begin van die jaar—gereed vir alles wat nog voorlê. Mag dit ’n jaar wees van groei, goeie skote en mooi oomblikke saam.
Tot volgende maand dan sie ons mekaar weer op die selfde plek en selfde tyd!!👆💪👌
25/08/2025
4 Oktober 2025
🎯 Pretskiet Dag!!!
📍 Driefontein Skietbaan, Middelburg Mpumalanga
Bring jou gesin, vriende of werkskolegas saam en skryf julle spanne in.
Ons belowe ’n dag vol lag, kameraadskap en skietpret!
Charmain Potgieter
Fanie Potgieter
Biance Botha
Jaco Vorster
Christo vd Vyver
Dewald Swanepoel
🏆 Baansport Kampioenskappe – Barberton 2025
Ons Mpumalanga Hoëveld-lede het die naweek by die MPH Laeveld kampioenskappe sterk presteer!
22
🥉 René Swanepoel – 3de plek o/19 meisies
4️⃣ Rolien Swanepoel – 4de plek o/19 meisies
5️⃣ Gert Swanepoel – 5de plek senior mans
Windgeweer
7️⃣ Ansie Swanepoel – 7de plek senior dames
Standaard Handwapen
1️⃣1️⃣ Gert Swanepoel – 11de plek senior mans
👏 Baie geluk, Swanepoel-gesin – ons is trots op julle!!
🎯 AANKONDIGING: PRETSKIET-DAG WORD GESKUIF! 🎯
Liewe Skuts en Skuts-in-opleiding,
Neem asseblief kennis dat die Pretskiet-dag wat oorspronklik vir 2 Augustus 2025 beplan was, uitgestel is. Maar moenie julle patrone wegpak nie — ons nuwe datum is Saterdag, 4 Oktober 2025!
Dieselfde opwinding, dieselfde lag en kruitreuk in die lug — net op ‘n ander dag! Merk dit op julle kalenders, bring daardie skerpskut-gees saam, en kom maak dit ‘n dag om te onthou!
Dankie vir julle begrip en entoesiasme — ons sien julle in Oktober!
Vuur groete,
Die SA Sport & Jag Hoëveld tak
19/07/2025
🎯 PRETSKIET-DAG!
Geen ervaring nodig – net ’n sin vir avontuur en humor 😁
👨👩👧👦 Bring die hele gesin of jou vriendekring saam. Besighede kan spanbou.
🎯 Skiet onder toesig van vriendelike, opgeleide baanoffisiere
🎭 Trek iets snaaks of volgens tema aan – en staan ’n kans om te wen!
🏆 Sertifikate & oulike pryse vir spanne én individue
💡 Geniet die buitelewe, lag saam, en doen iets wat jy nog nooit gedoen het nie!
👉 Skryf jou span in – dit gaan ’n dag wees om te onthou!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the business
Telephone
Address
1050
Opening Hours
| Monday | 09:00 - 16:00 |
| Tuesday | 09:00 - 16:00 |
| Wednesday | 09:00 - 16:00 |
| Thursday | 09:00 - 16:00 |
| Friday | 09:00 - 16:00 |