Delicious R.V.K NW

Delicious R.V.K NW Official Page of Delicious NW Rugby Club. We Are From Delicious!

02/10/2026

Delicious R.V.K NW Maximum Blou en Oranje Vrydag.

1 week voor die afskop van die Prestigeryke Sanlam Boland Top 12 Kompetisie.

We Are From Delicious💙🧡

Delicious R.V.K NW  SANLAM BOLAND TOP 12 WEDSTRYDBEPALINGS 🧡💙🏉Ons 2026 Sanlam Boland Top 12 veldtog begin die 10 Oktober...
25/09/2026

Delicious R.V.K NW SANLAM BOLAND TOP 12 WEDSTRYDBEPALINGS 🧡💙🏉

Ons 2026 Sanlam Boland Top 12 veldtog begin die 10 Oktober 2026!

Met Ons eerste wedstryd reis Ons na Robertson, waar ons teen Robertson RFC kragte sal meet.

📍 Robertson
🏉 Robertson RFC 🆚 Delicious R.V.K NW

Maximum Blou en Oranje!!!💙🧡

We Are From Delicious💙🧡

SANLAM BOLAND TOP 12 2026 Delicious R.V.K NW is amptelik geloot in Groep A van die 2026 Sanlam Boland Top 12 kompetisie....
24/09/2026

SANLAM BOLAND TOP 12 2026

Delicious R.V.K NW is amptelik geloot in Groep A van die 2026 Sanlam Boland Top 12 kompetisie.

Ons groep bestaan uit Ons en:

🔵 Robertson Rugby Football Club
🔵 Hawston RFC
🔵 Vredenburg Rugby Klub - 2024
🔵 Roses United Rugby Club
🔵 Abbotsdale Rugbyclub Lillies

Ons sal vyf wedstryde in die groepfase speel, waarvan twee tuiswedstryde en drie wegwedstryde is.

Ons doen ń beroep op die hele MAXIMUM BLOU EN ORANJE om ons spelers, afrigters en bestuur gedurende hierdie kompetisie te ondersteun.

We Are From Delicious💙🧡

Delicious R.V.K NW is vandag by die amptelike Launch van die Sanlam Boland Top 12 wat 14h00 begin vandag.Volg hier die a...
24/09/2026

Delicious R.V.K NW is vandag by die amptelike Launch van die Sanlam Boland Top 12 wat 14h00 begin vandag.

Volg hier die amptelike Launch.

We Are From Delicious💙🧡

SANLAM BOLAND TOP 12 LAUNCH 202614:0024 SEPTEMBER 2026HOËRSKOOL ...

BELANGRIKE KENNISGEWING📴🚨Neem hiermee kennis dat die vriendskaplike wedstryd tussen  Delicious R.V.K NW en Young Diggers...
18/09/2026

BELANGRIKE KENNISGEWING📴🚨

Neem hiermee kennis dat die vriendskaplike wedstryd tussen Delicious R.V.K NW en Young Diggers van Citrusdal gekanselleer is weens onvoorsiene omstandighede.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak en bedank ons ondersteuners vir u begrip.

We Are From Delicious💙🧡

Delicious R.V.K NW  ONDERSTEUNERS REEKS 🧡💙Ons het Ondersteuners Klere beskikbaar.Jy hoef nie te wag om seker te maak jy ...
17/09/2026

Delicious R.V.K NW ONDERSTEUNERS REEKS 🧡💙

Ons het Ondersteuners Klere beskikbaar.

Jy hoef nie te wag om seker te maak jy is geklee in Maximum Blou en Oranje, kontak nou vir Duc April

👕 ROUNDNECK
Kinders: R180
Volwassenes: R220

⛳ 👕GOLFER
Kinders: R190
Volwassenes: R250

🧥HOODIE
Kinders: R360
Volwassenes: R450

🛤️☄️🧥TRACKSUIT
Kinders: R480
Volwassenes: R600

Kry joune nou en wys dat jy HOU BY DIE BLOU!!!💙🧡

Maak Kontank met Ducan April by 078 061 8203 indien u van die Ondersteuners Reeks wil koop.

We Are From Delicious!!!

TAG RUGBY DAG VIR ONS JONG SEUNS EN DOGTERS VAN CLANWILLIAM! 🧡💙🏉Delicious R.V.K NW nooi alle jong seuns en dogters van C...
17/09/2026

TAG RUGBY DAG VIR ONS JONG SEUNS EN DOGTERS VAN CLANWILLIAM! 🧡💙🏉

Delicious R.V.K NW nooi alle jong seuns en dogters van Clanwilliam uit na ń opwindende Tag Rugby Dag in die Park!

📅 Datum: Saterdag, 19 September 2026
🕦 Tyd: 11:30
📍 Plek: Die Park, Clanwilliam

Kom geniet ń dag vol pret, avontuur en nuwe vriendskappe, terwyl ons julle blootstel aan die wêreld van Tag Rugby en rugby in die algemeen.

Dit is die perfekte geleentheid vir ons jong spelers om die basiese rugbyvaardighede op ń veilige, prettige en inklusiewe manier aan te leer.

Ouers van Clanwilliam, bring julle kinders en laat hulle deel wees van hierdie onvergeetlike sportdag.

Ons sien uit daarna om julle daar te verwelkom. Kom leer, speel en geniet die sport saam met ons!

We Are From Delicious💙🧡

VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYD 🏉 Saterdag 19 September 2026.We Go Again 💙🧡Delicious R.V.K NW  🆚 Young Diggers RFC  Hierdie nawe...
15/09/2026

VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYD 🏉 Saterdag 19 September 2026.

We Go Again 💙🧡

Delicious R.V.K NW 🆚 Young Diggers RFC

Hierdie naweek pak ons Young Diggers van Citrusdal in die Park, Clanwilliam Sportgronde! 💙🧡

Kom ondersteun ons spelers en geniet ń lekker rugbydag saam met die Delicious familie.

Onthou geen kontant betaling by die hek.

🎟️ Kaartjies te koop by:
📍 Pheben Kafee
📍 Mamoesh se Bar (Mr M)
📍 Jealousy Down Winkel (Die Ou Blue Bottle)

We Are From Delicious! 💙🧡

Delicious R.V.K NW wil hiermee ons opregte en innige meegevoel betuig aan die familie en geliefdes van Michael Scholtz “...
11/09/2026

Delicious R.V.K NW wil hiermee ons opregte en innige meegevoel betuig aan die familie en geliefdes van Michael Scholtz “Oom Fassie” met sy heengaan.

Mag die Here aan julle krag, troos en vrede skenk gedurende hierdie moeilike tyd. Ons gedagtes en gebede is met julle.

Jou nalatenskap sal altyd in ons harte leef.

Rus sag, Oom Fassie. 🕊️

Van die hele Delicious RVK familie 💙🧡

We Are From Delicious

Address

Clanwilliam Sportgronde
Clanwilliam
8135

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Delicious R.V.K NW posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category