Battle Girlz

Battle Girlz

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Battle Girlz, Sports Event, Alberton.

Photos from Battle Girlz's post 26/06/2026

Ons het lekker gaan fliek vir ons verjaarsdag. Dit was lekker om saam te kuier en geskenke te kry. Dankie vir numetro die Glen. Die kos was amazing.

Happy 4th Birthday to Our Little Princess 👑 | Cute Birthday ... 25/06/2026

ONS VERJAAR!!

Vier jaar gelede het God die visie gegee vir 'n vrouegroep wat nader aan God beweeg en ware Goddelike vriendskappe met mekaar het.

Terwyl ek Woensdagaand na van die girls se getuienisse sit en luister, besef ek dat God daardie visie bewaarheid het. Ons het werklik 'n groep vroue bymekaar wat saam beweeg om God te verheerlik en nader aan God te groei.

Dit het ook vir my hoop gegee vir ons toekomsvisie en planne. Ek weet dit is nou vir ons oorweldigend, maar na hierdie week weet ek dat ons Vader ons in elke stap gaan toerus.
Vir elke dame wat al ooit deel was van Battle Girlz, wil ek uit my hart uit dankie sê vir die rol wat hulle gespeel het. Julle is elkeen kosbaar!
Vir ons huidige én toekomstige lede wil ek sê, ek sien uit om die oorwinningsvaandel saam julle te lig ter ere aan die God wat ons liefhet.
Vir die dame wat vêr van Alberton is, wil ek sê: "watch this space, God is working on it."

Jesus Liefde
Elize

Happy 4th Birthday to Our Little Princess 👑 | Cute Birthday ... Image result from www.youtube.com

11/06/2026

Gisteraand was weereens ń Geesvervulde aand.
Eulinda het ons met kreatiwiteit bedien uit die boek Joshua.

Hierdie storie is een van gehoorsaamheid, vertroue en hoop.

Ons juig en prys die Vader ook vandag vir die beantwoording van gebede. Celeste wat 'n nuwe werk gekry het en dis werklik 'n DREAM JOB.
Vir Sonskyn Sonja, wat klaar is met haar kankerbehandeling en die prognose wat uitstekend lyk.

Ons juig vandag, alle eer aan God.

Ons wil ook dankie sê vir al die Battle Girlz se voedsel bydraes tot 'n plaaslike kinderhuis.

Photos from Battle Girlz's post 03/06/2026

Lekker pret aand by Battle Girlz. Ten Pin bowling en roomys so in die middel van die week. Ons baadjies lyk stunning, d**k julle nie so nie?

28/05/2026

Christelike Vrouekamp 2026 🌿
📅 18–20 September 2026

Dames, stap weg van die gejaag van die lewe en sluit aan by ons vir ’n kragtige tyd van vernuwing en gemeenskap. Ons September kamp fokus op hoe God ons dra en stewig plant sodat ons kan groei—gewortel in Sy liefde, versterk deur Sy Woord, en saam floreer in geloof.

✨ Jy kan uitsien na:

Inspirasie en aanbiddingsessies

Dieper verbintenisse met ander vroue van geloof

Rus, refleksie en geestelike groei

📍 Merk die datums: 18–21 September 2026
🌸 Kom gereed om verfris, herstel en gewortel in Christus te wees!

Vir meer inligting gaan na : https://www.battlegirlz.co.za/vrouekampe/

26/05/2026

Better goals se doelwit is: "'n Gesonde gees huisves 'n gesonde liggaam".

Deur die loop van die program is daar 2 fisiese byeenkomste en 10 WhatsApp besprekings. Die fisiese byeenkomste is gedurende die eerste week en wanneer die program klaarmaak.

Elke Maandag stuur lede 'n foto van wat hulle skaal wys en gedurende die 2de tot 3de week word mates geneem.

Deur die loop van die 12 weke, deel ons elke oggend 'n Geestelike boodskap en 'n gesonde resep.

Almal wat deel is van hierdie "program" neem deel aan gesprekke op WhatsApp.

Tydens Maandagaande se WhatsApp oproep, gesels Annebé met almal oor geestesgesondheid en jou liggaam. Die groep gee terugvoer oor die boodskap en die verloop van hulle daaglikse lewe.

Na afloop van die 12 weke kuier ons weer saam en deel in mekaar se suksesstories. Die persoon wat die meeste gewig of sentimeters verloor het, kry 'n geskenk.

Die koste beloop R150 per maand.

Die kostes dek die adminstrasie en die byeenkomste, sowel as 'n pragtige joernaal om jou statistieke neer te skryf en jou etes te beplan.

Alhoewel daar twee aande van fisiese byeenkomste is, is dit moontlik om die program "virtueel" te doen.

Kom Donderaand 18:30 nm. na The Steaming Mug en eet saam met die groep wanneer ons afskop, en geniet die journey saam met ons. 😀

Photos from Battle Girlz's post 23/05/2026

Woensdagaand het ons Battle Girlz weer bymekaar gekom. Die hele aand was awesome. Een van ons jong dames het die ervaring wat sy op haar vorige Daniëlvas beleef het, gedeel. Sy het vertel hoe sy werklik nader aan God gekom het. Dit was moeilik, maar ook goed vir haar.
Daarna het sy haar getuienis gelewer. Die aand was vol dankbaarheid, vreugde en geluk.
Daarna het Elize ons bedien met Woord wat so gepas was - die boek Daniël.
Wat 'n aand! Dit was so gepas vir die Danielvas wat ons die volgende 7 dae doen. Gelukkig het ons 'n goeie begin gekry vir die Donderdag se kos.

19/05/2026

Hi julle. Ons kuier weer lekker vanaand uit Ou Testament. Hou dop vir wat kom.
Ons begin ook Daniel Vas vir 7 dae.
Jesus groete

15/05/2026
06/05/2026

Lekker weeksaand pret saam die Girlz. Escape Room by Bedford Centre. Moes bietjie die grysstof gebruik met al die raaisels. Dit was so lekker om te sien hoe ons almal kan saamwerk. Daar was niks kompetisie tussen die spanlede nie, net 7 koppe wat saam ged**k het en 7 lywe wat so elke nou en dan geruk het van die skrik🤣

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Alberton?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address

Alberton
4448